'n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika
'n Onmisbare gids vir herpetoloë, slangversamelaars, voetslaners, tuiniers en reptielentoesiaste.
Die tweede uitgawe van hierdie gedetailleerde en omvattende gids tot die slange van Suider-Afrika is grondig hersien, bygewerk en uitgebrei. Nuwe inligting oor gedrag, uitkenning, voortplanting en slanggif is tot die spesiebeskrywing bygevoeg.
Glanspunte van hierdie boek:
• Dek die belangrikste aspekte van slangbiologie en -gedrag.
• Daar is volkleurfoto's en verspreidingskaarte by alle spesiebeskrywings.
• Eenvoudige ikone stel belangrike inligting in 'n oogopslag beskikbaar.
• 'n 'Kyk uit vir'-kassie help om slangspesies vinnig in die veld uit te ken.
• Die spesiebeskrywings word deur hoofstukke oor klassifikasie en identifikasie, die aanhou van slange en die behandeling van slangbyt aangevul.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.