The Stellenbosch Mafia

    260,00 260,00 260.0 ZAR

    260,00

    Deze combinatie bestaat niet.

    Toevoegen aan winkelmandje

    Daar word bitsig na hulle as die "Stellenbosch Mafia" verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopolitiekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik?

    Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as 'n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politieke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke.

    Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en familieverbintenisse? Hy bied 'n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.


    Dit is een voorbeeld van de recent bekeken producten door de gebruiker.
    Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.

    Recent bekeken producten