Op die plaas: Tjoppie se hart is seer
Tjoppie se hart is seer omdat die ander varke lelik was met hom. Sy maats help hom om weer beter te voel. Hulle besluit om die ander varke 'n les te leer, maar is 'n koei, 'n donkie, 'n vark en 'n hoender sterk genoeg om teen vier groot varke tou te trek en te wen?
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.
"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.