Jopie's
Accommodation
All our Accommodation
Local Accommodation
Local Accommodation Springbok
Die Ankerhuis
Bergmann's Hof
Kallie Fisher
Kokerboom
Captain's Cabin
Ou Dokters
Keerom
Eat
Art
Read
Explore
Show all activities
iReflect
Local iReflect
Local iReflect Springbok
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Kleinzee
Contact us
My Cart
Sign in
Public Pricelist
Public Pricelist
Prev
1
2
3
4
5
6
Next
Sort by
Catalog price: High to Low
Catalog price: Low to High
Name: A to Z
Name: Z to A
Show categories
Books under R 150
Sale
Zoem!: 'n Oerwoud vol dinosourusse
R
140.00
R
140.00
140.0
ZAR
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture!
Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en Tjomper die hond se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het 'n spesiale knoppie wat jou na 'n ander plek laat ZOEM!
Alex, Christiaan en Tjomper word teruggeneem na 'n tyd waar daar DINOSOURUSSE is! En arme Tjomper beland in een van die dinosourusse se neste...
Sale
Liefde laat jou Rice Krispies anders proe
R
130.00
R
130.00
130.0
ZAR
"Het jy enige idee hoe dit voel om verlief te wees?" vra Nadia moedeloos.
"Natuurlik," sê ek vinnig. Ek dink onwillekeurig terug aan die twee outjies wat ek en Nadia in graad drie met sjokolade omgekoop het om met ons uit te gaan. Die "verhoudings" het net so lank gehou as wat dit die twee geneem het om die sjokolade op te eet. "Ek het al van 'n hele paar ouens gehou..." sê ek ongeërg.
Dis darem nie heeltemal 'n leuen nie - daar is 'n hele paar cute ouens in die skool. Ek wil net nie met hulle uitgaan nie.
"Ek praat nie van hóú van iemand nie," sê Nadia. "As mens rêrig verliéf is op 'n ou, kan jy nie een oomblik ophou om aan hom te dink nie." Sy kry weer daardie veraf, dromerige kyk in haar oë. "Alles voel skielik anders as jy verlief is, tot die boringste goed. Jou klein boetie kry dit nie meer reg om jou te irriteer nie, jy kry sommer lus en gee jou mees gehate onderwyser 'n drukkie en selfs jou Rice Krispies proe anders..."
Sale
Ouens in nie Pizzas nie!
R
130.00
R
130.00
130.0
ZAR
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie - soos die een oor ouens en pizzas...
Ouens is soos pizzas
Stap 1: Moenie 'n Hawaiian-pizza bestel as jy pynappel haat nie.
Stap 2: Maak seker van die bestanddele voor jy bestel.
Stap 3: Onthou, die beste restaurant vat party keer langer om 'n pizza te maak - so gebruik 'n bietjie geduld.
Dan ontmoet hulel twee aantrekile boeties: Markus met die blonde hare en blou oë en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers... en dinge raak warmer as 'n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!
Sale
Dromers
R
130.00
R
130.00
130.0
ZAR
Dans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie, sy passie, sy geluk... sy vonk. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat by die huis op hom wag.
Sy beste vriendin, Tasha, sê altyd hy moenie toelaat dat ander mense sy vonk steel nie. Maar sy weet nie van die dinge wat by die huis gebeur nie. En dalk is dit beter so. Wat sal sy van hom dink?
Op 'n dag sien iemand Byron se talent raak. Hy kry saam met 'n groepie ander kinders die kans om deel te wees van 'n glansryke vertoning by die kunstefees. Die die kans om groot drome te droom, groter as die arm gemeenskap waar hy bly. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel?
Sale
Nova: Sterreloper
R
140.00
R
140.00
140.0
ZAR
Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale...
Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Lucas vermoed dit gaan nie net 'n gewone vakansie wees nie. Dit voel asof dinge nou op 'n manier in plek begin val. Eendag sal hy dalk die groter prentjie kan sien en nie meer net die legkaartstukke nie... Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?
Sale
Dans, Jenna
R
120.00
R
120.00
120.0
ZAR
Jenna is versot op dans.
Al probleem is dat haar ma nie regtig geld het om vir haar balletklasse te betaal nie. En om vir nuwe dansskoene te wens is so goed soos dagdromery - al is hare flenters.
Maar toe die Kaapse Balletgeselskap 'n kompetisie loods wat talentvolle jong dansers die kans gee om 'n winterskool in die Kaap én 'n vertoning van 'n Russiese balletgeselskap by te woon, begin Jenna se hoop opvlam. Dalk is daar tog 'n manier om haar dansdrome waar te maak!
Maar iemand in haar balletklas is vasbeslote om haar planne in die wiele te ry...
Sale
Thomas@skaduwee.net
R
130.00
R
130.00
130.0
ZAR
Thomas se hele wêreld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof en die twee skoolboelies weer Thomas se lewe moeilik.
Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk 'n geheime gesprek - twee mans bespreek planne om 'n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om 'n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop.
Kort voor lank is Thomas vasgevang in 'n duister onderwêreld van smokkelary - en sy lewe is in gevaar...
Sale
Thomas@murder.net
R
130.00
R
130.00
130.0
ZAR
Thomas is moving to a new house, and he hates the idea with a passion. Even though his stepmother, Louisa, is quite cool, having a new half-brother or -sister is something Thomas is definitely not looking forward to. To make matters worse, the house they are going to live in is an ancient Victorian place.
Before long, all sorts of weird stuff starts happening in their new house. Thomas hears footsteps in front of his bedroom door at night; doors mysteriously start opening and closing by themselves, and his printer starts spitting out one weird message after another. Could their new house be haunted?
Thomas and his friends Hannes, Alex and Thabo decide to try and solve the mystery of the old house - a mystery that could lead them into great danger...
Sale
Wat Glo Jy?
R
80.00
R
80.00
80.0
ZAR
Kan jou laerskoolkind antwoord as iemand vra wie God, Christus en die Gees is?
"Wat glo jy?" beantwoord die algemeenste vrae oor God, Christus, geloof en die Gees. Elke antwoord word begrond uit die belydenisskrifte en aangevul met 'n Bybelse verhaal of gelykenis. Dit sal kinders van alle denominasies help om al hoe meer die Bybelse antwoorde op hulle lewensvrae te verstaan en hulle eie te maak.
"Wat glo jy?" is geskryf in samehang met "Wie is God?" wat gerig is op tieners en volwassenes. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat hulle met kinders kan gesels.
Sale
Mini-oordenkings om God te ken vir kinders
R
60.00
R
60.00
60.0
ZAR
Soms kan selfs laerskolers uitdagings in hulle lewe ervaar - van boelies tot groepsdruk tot om goeie punte te kry.
Die 180 dagstukkies sal meisies en seuns tussen 8 en 12 verseker dat hulle nooit alleen is as hulle God ken nie. Hy is elke tree van die pad saam met hulle!
Sale
'n Bybel-dagboek vir seuns
R
149.00
R
149.00
149.0
ZAR
"'n Bybel-dagboek vir seuns" inspireer jong gelowiges deur die 365 dagstukke en Bybelverse wat spesifiek kyk na onderwerpe wat vir 8- tot 12-jariges belangrik is.
Elke dagstuk is propvol moed, hoop en vrede vir elke dag. Begin bou aan 'n sterk fondasie vir geloof - een wat vir altyd sal hou!
Sale
Die Storie wat jou Lewe kan Verander
R
20.00
R
20.00
20.0
ZAR
Sale
101 Oordenkings vir Seuns
R
99.00
R
99.00
99.0
ZAR
Hi ouens! Vat 'n paar minute per dag en dink na oor die wonderlike dinge wat God deur die lewens van groot Christene gedoen het. Selfs al het jy net vyf minute is dit genoeg tyd om met jou hemelse Vader te gesels, die Bybel te lees, te bid en 'n paar wonderlike ware verhale te lees.
• Leer meer oor iets wat regtig gebeur het
• Lees God se Woord
• Gesels met God
Dis drie maklike stappe om jou te help om jou eie stiltetyd te hou.
Sale
My 3de Bybel Doen en Leer Boek
R
53.00
R
53.00
53.0
ZAR
"My 3de Bybel Doen en Leer Boek" is die volgende vlak in ons Bybelgebaseerde geletterdheidsreeks.
Spesiale kenmerke:
• 6 Bybelverhale mer kleurvolle illustrasies (112 bladsye)
• Verskeie lyn-illustrasies - ideaal vir inkleur
• Wiskunde- en taal-aktiwiteit na elke storie
• Disleksie-vriendelik
Sale
God het 'n Antwoord daarvoor! Dagstukke
R
59.00
R
59.00
59.0
ZAR
Sale
Oomblikke van Hoop
R
60.00
R
60.00
60.0
ZAR
Sale
'n Reuse Kopseer - Die verhaal van Dawid en Goliat
R
49.00
R
49.00
49.0
ZAR
"'n Reuse kopseer" is die verhaal van Dawid en Goliat in prettige rym vir kinders tussen 5 en 8 jaar. Dit leer hulle hoe ons moed en krag by God kry wanneer ons op Hom vertrou.
Sale
'n Groot Visstorie - Die verhaal van Jona
R
49.00
R
49.00
49.0
ZAR
"'n Groot visstorie" is die verhaal van Jona in prettige rym vir kinders tussen 5 en 8 jaar. Dit leer hulle dat dit belangrik is om gehoorsaam te wees aan God en nie net te doen wat ons wil nie.
Sale
Klein Beertjie leer oor liefde
R
35.00
R
35.00
35.0
ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. In hierdie storie leer hy van 'n babaseuntjie wie se mamma so lief was vir hom dat sy hom in 'n mandjie weggesteek het om hom veilig te hou.
"Klein beertjie leer oor liefde" is die ideale wegspringplek om 3- tot 6-jariges te help dink aan maniere om vir iemand te wys hulle is lief vir hulle.
Sale
Klein Beertjie leer om te deel
R
35.00
R
35.00
35.0
ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. In hierdie storie sukkel Klein Beertjie om mededeelsaam te wees - totdat Pappa Beer hom vertel van 'n seuntjie wat alles gedeel het wat hy gehad het.
"Klein Beertjie leer om te deel" is die ideale wegspringplek om 3- ot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel.
Prev
1
2
3
4
5
6
Next