Brood & Botter

    450.00 450.00 450.0 ZAR

    450.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    In "Brood & Botter" neem Nic van Wyk jou op 'n drieledige kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording: Daar is onthoukos uit sy kinderdae, nostalgiese restaurantgeregte en dan hartskos, sy aardse gunstelinge.

    Die boek herinner aan "Kook en geniet", met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte 'n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous en lepel-eet-stokvis. Sy onopgesmukte restaurantkos, soos hoenderkrokette met truffel-en-mieliesous of appelstrudel met gemmerroomys, gaan jou verras met dieplekker geurkominasies, en sy lankstaan-skaaprib en hamburger met aïoli, tamatiekonfyt en komkommerpiekels - sy hartskos - weerspieël sy voorkeur vir kos sonder fieterjasies.

    "Brood & Botter" is 'n boek wat in elke Suid-Afrikaanse huishouding hoort. Geniet die reis!


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products