Ekologiese Restourasies in Namakwaland
Mynbouaktiwiteit is geneig om die grond te degradeer, en selfs verlate oulande en oorbeweide veld kan meer as 'n halwe eeu neem om te herstel. Hierdie boek integreer bykans drie dekades se navorsing en toetsing van benaderings tot veldrestourasie, maar fokus terselfdertyd op "wat om in die praktyk te doen". Boere, mynbouers, bioloë, konsultante, staatsdiensamptenare en die industrie kan, en behóórt, hierdie boek te gebruik om 'n verskil op hulle terreine te maak.
• Daar word begin met 'n omvattende inleiding tot Namakwaland, die uniekheid en geskiedenis asook die impakte op sy ekosisteme. Daarná volg 'n voortreflike beskrywing van die plantlewe, diversiteit en aanpassings tot die streek.
• Sterk klem word verder gelê op een van die belangrikste aspekte van restourasie: hoe om die grondoppervlak te bewaar, deur middel van unieke metodes te stabiliseer, en sodoende vir die vestiging van plantegroei geskik te maak.
• In vier latere hoostukke word die verskillende metodes bespreek wat gebruik kan word om sade en plante op gedegradeerde areas te hervestig. Dit sluit in saadversameling sowel as 'n verskeidenheid saaimetodes, onder andere die innoverende "restourasiepakke" (waarmee unieke benaderings ontwikkel is om mikrohabitatte te skep vir plantaanwas), direkte verplanting en kwekerymerodes en infrasktruktuur om volwasse plante in die veld te vestig.
• Die finale hoofstuk bied 'n innoverende en gebruikers-vriendelike 100-puntmetode om restourasiesukses te meet.
Belangrike konsepte word met vele kleurryke, impakvolle foto's en sketse geïllustreer. Alhoewel hierdie boek op die Namakwaland-streek van die Sukkelente Karoo gefokus is, geld die metodes binne sy bladsye ook vir eksosisteme en ekosisteemdreigemente in verder geleë streke van die Karoo en ander halfwoestyngebiede waar struike, kruide of vetplante algemeen voorkom.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.