Gids tot Grasse van Suider-Afrika

    370.00 370.00 370.0 ZAR

    370.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    Die grasfamilie, bekend as Poaceae, is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse, soos mielies, koring, rys en suikerriet (almal grasse), is steeds ons belangrikste bron van energie. Gras, in die vorm van voer, is ook die belangrikste bron van kos vir vee en die groot kuddes gravreters in die natuur.

    Die akkurate idenrifikasie van grasse raak belangrik tydens veldbestuur aangesien grasse ten opsigte van hul weidingswaarde en ander ekologiese funksies verskil. Verder reageer verskillende onkruidgrasse anders op chemiese onkruiddoders en moet daarom akkuraat geïdentifiseer word.

    Hierdie boek, "Gids tot Grasse van suider-Afrika", is die omvattendste volkleur identifikasiegids tot die algemene grasse in suider-Afrika en sluit onder meer die volgende kenmerke in:

    • Beskrywings en illustrasies van die 320 belangrikste grasse in suider-Afrika
    • 'n Gebruikersvriendelike identifikasiesleutel
    • Meer as 1 000 uitstekende kleurfoto's
    • Dertien kort en volledig geïllustreerde inleidende hoofstukke oor grasse
    • Algemene grasname in verskeie inheemse tale
    • Simbole wat die leser in staat stel om inligting met 'n oogopslag te bekom


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products