Op Pad deur Betlehem
In "Op pad deur Betlehem" skryf die gewilde en deurwinterde skrywer Engela Linde oor die hele Bybel, van Genesis tot Openbaring.
Dié 66 dagstukkies is geskik vir persoonlike Bybelstudie, Bybelstudiegroepe of huisgeloof.
Die skrywer maak die Bybel lewend en van toepassing op ons eie omstandighede. Sy kyk na die tydvak en kultuur waarin gebeure afspeel en mense gelewe het en bespreek interessante, dikwels onbekende feite.
Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reële koms en die totstandkoming van die nuwe Israel, 'n belofte van hoop vir ons elkeen om aan vas te hou.
This is a preview of the recently viewed products by the user.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.