Op die plaas: Smiley verloor sy glimlag
Smiley het sy glimlag verloor. Hy is nie vandag so vrolik soos ander dae nie. Sy maats help hom om na sy glimlag te soek, maar toe hulle dit nie kan kry nie, besluit hulle om maar liewer sokker te speel. Almal speel baie lekker saam, maar is dit genoeg om Smiley weer te laat glimlag?
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.
"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.