Jy is Spesiaal/ Jy is Myne/ Die heel Beste
Pinkenolsie is 'n oulike klein houtmensie wat in Wemmeldorp bly. Partykeer is hy hartseer omdat hy nie soos die ander Wemmels lyk nie, of nie kan doen wat hulle kan doen nie. Soms is hulle lelik met hom omdat hy nie van die regte soort hout gemaak is nie.
Ons almal weet hoe dit voel, want daar woon 'n Pinkenolsie in die meest van ons. Ons herken die behoefte aan ander se goedkeuring, die smagting om soos die res van die massa te wees, die behoefte om te wys van watter stoffasie ons gemaak is. En net soos Pinkenolsie bereken ons nie die koste voordat dit te veel word om te betaal nie.
Ons is egter ool op 'n ander vlak net soos Pinkenolsie. Net soos hy het ons 'n Skepper vir wie ons spesiaal is, en wat vir ons lief is net soos ons is.
Max Lucado dra op 'n unieke wyse hierdie waarheid aan ons oor in hierdie bundel. Sy stories blaas nuwe lewe in eeue oue waarhede. En die pragtige verhale en aangrypende illustrasies gryp nie net kinders se verbeelding aan nie, maar spreek ook op 'n dieper vlak tot volwassenes.
In hierdie bundel is drie van die mooiste stories oor Pinkenolsie:
•Kom ontmoet hierdie oulike Wemmel in "Jy is spesiaal", en ontdek self hoe kosbaar jy vir God is.
•Leer saam met Pinkenolsie in "Jy is myne" dat die nie belangrik is wat jy het nie, maar wel aan Wie jy behoort.
•Kuier in "Die heel beste" in Wemmeldorp, en sien hoe Pinkenolsie die Wemmels wys hoe spesiaal hy regtig is, net soos die Skepper hom gemaak het.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.