Bloedbroers
Op 10 Junie 1980 gedurende 'n dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep Swapo-basisse as deel van Operasie Sceptic aangeval het.
Tweede luitenant Paul Louw het sy peleton in vier Ratels na die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond eb hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met 'n 14,5 mm-masjiengeweer deur sy pelvis geskiet. Hy het wonderbaarlik oorleef.
Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en 'n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in 'n Ratel wat deur 'n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.
In "Bloedbroers" deel van die oorlewendes hul ervarings tydens die geveg by Smokeshell. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades na die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.