Bak dit self
'n Nuwe baba in die familie is 'n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter 'n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.
In hierdie boek wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie 'n onbegonne taak hoef te wees nie en dat eenvoudige voorwerpe, soos vars blomme of kleurryke lekkers en lint, net so goed werk soos ingewikkelde suikerkuns. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, genache te maak, koeklae egalig deur te sny em verskeie lae opmekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalrandkoeke ("naked cakes") en ombré-koeke word selfs vir die mees onervare bakker maklik gemaak.
Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, die alomgewilde rooifluweel- en wortelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Allerlei soorte versiersels en strope is ook ingesluit.
Danksy hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir dei bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke ("smash cakes") vir die baie belangrike nuwe klein mensie.
Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self!
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.