Kodachrome

    275.00 275.00 275.0 ZAR

    275.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    Tom Dreyer navigeer die werklikheid in 'n reeks eksentrieke flitse. Die fantasmagoriese sit sy verbeelding op loop, hy beskou die wêreld gekantel, soos iemand op towersampioene. En hy laat die leser sién. 'n Versaakte beesoog in die pad, 'n rubbereendjie buite konteks, monsters, outomate, 'n vingerhoed, spesiale effekte, geskiedenis, reis: oral val sy sonderlinge soeklig.


    "Hier vries watervalle oornag; en as jy op die see uitgaan, is die water onder jou só helder, die anemone en jellievisse hang soos vetkrytsterre in 'n weerkaatsing van die hemel. Hier staan die wêreld op sy kop. Die son wys eers laatoggend sy gesig en gaan reeds midmiddag lê. In 'n Arktiese donker tob ek oor vroeg en laat, bo en onder, en oor waar Suid-Afrika en Alaska onderskeidelik aan die wand van die aardbol klou. Sou jy, as jy een uitdop soos 'n handskoen, die ander een kry?"


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products