Die Optog van die Aftjoppers

    70.00 70.00 70.0 ZAR

    70.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    Registerperiode.
    Neeltjie kap met 'n liniaal op die tafel om die vroegoggend-rumoer stil te kry.
    "Goed, mense, hier is die beroepsvraelys wat julle moet voltooi."
    "Ag néé, juffrou!" Die 8B's reageer met gebruiklike misnoeë.
    Ek kyk na die vrae. Vir die soveelste keer dring mense daarop aan om te weet wat ek wil word.
    Van: JOUBERT
    Naam: JACQUES
    Ouderdom: Amper skryf ek sestien. Dis nie meer lank nie.
    Eerste beroepskeuse: Wat moet ek skryf? Die hoof het vanoggend voor skool in die vierkant omtrent gesmokkel met die vraelys. En die toekoms, die toekoms...
    Langs my en agter my kras penne, en ek hoor papier ritsel soos die ander omblaai. Die dokters, rekenaarreuse, ouditeurs, mariene bioloë...
    UITVINDER, skryf ek, kom wat wil. Dis wat ek nog altyd wou word. Soos my oom Zak.
    Tweede keuse: In keurige drukletters skryf ek ONTDEKKINGSREISIGER.
    Derde keuse: SKRYWER. Dis wat Neeltjie dink ek gaan word. Oor my opstelle so verbeeldingryk is.
    My vraelys is net voltooi toe die interkom begin piep en kraak. Die hoof maak 'n aankondiging en begin die name aflees van die standerdagts wat aangewys is om aan die Jong Entrepreneurs-wedstryd deel te neem.
    Die eerste twee name is heel voorspelbaar, maar die derde naam is 'n totale verrassing. Selfs die hoof huiwer 'n paar sekondes voordat hy lees: "Jacobus Joubert is die skool se derde en laaste inskrywing..."
    Jacobus Joubert. Jacobus Joubert. Dit moet 'n fout wees, 'n grap. Die hele klas bars uit van die lag, hulle dink ook so.
    'Ek sal hulle wys!' neem ek my voor.


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products