Die lang pad terug
'n Skatkis van staaltjies
Namakwaland is bekend vir sy blomme, maar dit het een kenmerk wat selfs meer kleurryk is: sy mense.
"Die lang pad terug" is 'n keur van staaltjies, vertellings en verhale ('storietjies' noem hy hulle) deur Springbok se bobaas-storieverteller, Arno van Zyl. Die stories is nie net skreeusnaaks nie, maar kostelik en lewensgetrou. Dit handel oor mense, die meeste daarvan Namakwalanders, se alledaagse doen en late - op die plaas, in die dorp, by die kerk, op die skoolbanke en selfs in die hof. Van die hemelhings-dominee tot die hakkelende Dirk leer die leser baie van die mense van nader ken.
"Die land pad terug" bied 'n stewige dosis lekkerlag-medisyne wat 'n mens opnuut waardering laat kry vir Suid-Afrika, maar veral vir Namakwaland en sy unieke mense.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.