Begrond
'n Plaasmoord ruk 'n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap wonde van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land oop. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit 'n onverwagte oord - uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.
Die verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan, speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp, in die afgebarnde plaashuis op die Vrystaatse vlaktes, in die krygsgevangenekamp in Ceylon en rondom die ou stinkhouttafel op die stoep.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.