Hans bars die bioborrel
Huis Madeliefie se inwoners word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans van Kraaienburg besef dit gaan elke faset van hul lewens raak, want teen hierdie virus groei geen kruid nie. Maar die drakoniese reëls wat die tehuis se interne bevelsraad uitvaardig, kry nie vatplek by Hans en kie nie. Om sake te vererger, is Hans oor die hoof gesien as leier van die bevelsraad. Altoon Ahlers, 'n befaamde akteur van weleer en 'n onlangse inkommer met 'n buitengewoon hoë dunk van homself, neem die leisels.
Ná verskeie ontberinge en vernederinge, besluit Hans hy het klaar bek gelek en stert geswaai. Dis tyd om die Groot Akteur se opgepompte spietjies te prik. Vriend Vasie voorspel daar gaan groot sports kom. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang egter sleg. Hy sal Ahlers op 'n ander manier moet onttroon. Maar dit beteken dat Hans die ondenkbare moet doen. Hy sal die bioborrel moet bars...
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.