Identifiseer die Bome van Suider-Afrika

    350,00 350,00 350.0 ZAR

    350,00

    Deze combinatie bestaat niet.

    Toevoegen aan winkelmandje

    'n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie.

    Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in 'n streek soos Suider-Afrika met 'n groot plantverskeidenheid waar sowat 2,100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog 'n paar honderd meer wat uit ander dele van die wêreld afkomstig is.

    "Identifiseer die Bome van Suider-Afrika" is bygewerk om taksonomiese veranderinge uit te lig en verskaf die agtergrondkennis wat nodig is om bome te identifiseer. Die boek bervorder 'n benadering wat lesers sal toerus om enige veldgids tot bome met meer vertroue te gebruik, hoewel dit die stelsel wat gebruik word in die skrywers se "Veldgids tot Bome van Suider-Afrika" weerspieël (wat dit 'n uitsonderlike deelgenoot maak).

    Dit begin met basiese inligting oor plantvorm en onsluit dan stelselmatig die bou van bome om 'n duidelike begrip oor te dra van waarna 'n mens moet kyk om 'n boom te identifiseer. Deel Een beskryf en beeld dus die verskillende dele van 'n boom en hul rol by identifikasie duidelik uit. Deel Twee bevat 'n sleutel tot 43 boom-groepe gebaseer of maklik waarneembare stingel- en blaar-kenmerke. Die gebruik van 'n simbool om die hoofkenmerke van elke groep uit te beeld, maak dit vir die beginner makliker om 'n begrip van die verskeidenheid bome te vorm. Behandelings van die groepe bied verklarende notas oor groepkenmerke en wenke oor identifikasie van spesies. 'n Aantal boomspesies word beskryf en geïllustreer, en 'n lys word verskaf van al die plantfamilies in Suider-Afrika wat in elke groep verteenwoordig is (meer individuele spesies word behandel in die skrywers se veldgids).


    Dit is een voorbeeld van de recent bekeken producten door de gebruiker.
    Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.

    Recent bekeken producten