Insektopedie
"Insektopedie" lê die betowering en ryke verskeidenheid van die wêreld van insekte bloot - van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul anpassings by hitte en koue.
'n Hoofstuk oor superorganismes odnersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; 'n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjeis speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou.
Die boek sluit af met 'n 62-bladsy geïllustreerde gids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen uitgegee as "Inseklopedie van Suider-Afrika" gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou omvattend hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, 'n uitgebreide ID-seksie en 'n paar honderd nuwe foto's.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.