Punt van die Swaard
/ Charles Oertel staan koponderstebo langs die graf. In Februarie was dit sy lieflingseun Jim, nou is dit Ronald... 'n seun aan Boerekant... 'n skoonseun aan die Britse kant. Wat moet hy nog prysgee voor daar weer rus en vrede kom? /
Oertel bevind hom in 'n netelige posisie. Hy is 'n skatryk Vrystaatse boer en het sentimente jeens beide magte wat tydens die Anglo-Boereoorlog slaags raak.
Bothma se noukeurige navorsing oor hierdie invloedryke man en sy nasate se lotgevalle tydens en ná die oorlog bevestig geboekstaafde kennis, maar bied ook nuwe inligting. Daarbenewens is dit 'n boeiend menslike verhaal wat die leser tot nadenke stem. Sou dit anders verloop het as dit nie vir die oorlog was nie? Keer die mens nie die punt van die swaard self op sy hart nie?
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.