Rateltaai

    235,00 235,00 235.0 ZAR

    235,00

    Deze combinatie bestaat niet.

    Toevoegen aan winkelmandje

    "Rateltaai" is die storie van die oudrugbyspeler en SuperSport-kommentator Ethienne Reynecke se annus horribilis. Hoe hy 'n driedubbele doodsaanslag in 'n enekele jaar oorleef het, hoe hy homself van die krytvloer opgetrek, die bloed uit sy mond gespoeg en sy eie houe op die lewe geplant het.

    Dit is 'n getuigskrif van die mens se vermoë om vas te byt, om fisiek en emosioneel te herstel nadat jy rondgegooi en platgetrap en sommer ook in die midderif geskop is.

    Ethienne vertel ook interessante staaltjies oor sy grootword- en universiteitsjare, en sy belewenisse as 'n berese beroepsrugbyspeler. Hy vertel wat hom motiveer, hoe hy oor die lewe dink en hoe hy bly vasklou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur.

    Dit is egter nie 'n rugbystorie nie. Dit is 'n verhaal van iemand wat homself, ondanks soveel terugslae, gelukkig ag en vervulling in pa-wees, liefde en vriendskap vind. Iemand wat kies om die lig in 'n donker kamer te soek. En as hy dit nie kry nie, sélf 'n vuur aan te steek.


    Dit is een voorbeeld van de recent bekeken producten door de gebruiker.
    Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.

    Recent bekeken producten