Sasol Voëls van Suider-Afrika
Met hierdie vyfde uitgawe, is "Sasol Voëls van Suider-Afrika" volledig deur sy paneel kundige outeurs opgedateer, met bydraes deur nog twee voëldeskundiges.
Hierdie vyfde uitgawe bied:
• 'n Nuwe 'voëlroep'-funksie - hoor roepe deur 'n gratis toep af te laai en streepkodes te skandeer.
• Omvattende dekking van al Suider-Afrika se voëlsoorte, wat die jongste spesie-optekenings inlsuit.
• Meer as 800 illustrasies, wat splinternuwe kleurplate vir roof- en seevoëls insluit.
• Herontwerpte kleurplate met byskrifte van uitkenmerke.
• Kalenderbalke wat die spesie se voorkoms en broeiperiode toon.
• Volledig opgedateerde spesiebeskrywings en verspredingskaarte.
• Vars insette van nuwe outeurs en illustreerders.
• Alfabetiese en geïllustreerde kitsverwysings van voëlgroepe.
Aansienlik uitgebrei, sal hierdie omvattende topverkoper beslis sy posisie as een van Afrika se staatmaker-veldgidse behou.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.