Vat jou goed en trek Ferreira
/ Terwyl die vlaktes duskant Upington droomverlore in die maanlig gelê het, het ek aan Matt White se woorde gedink: "I want to die with my boots on." Miskien was dit ook hoe die Ferreiras wou sterf? /
Die ink op die Vredesverdrag van Vereeniging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira en vyf makkers die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse herskappy te bevry. Tien dae lank het "die Ferreiras" die Kalahari op horings geneem en die Kaapse polisie laat bontstaan. Mense weet van die bekookte Jameson inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval weet hulle niks nie. Louis Bothma - onafhanklike navorser en skrywer van "Die Buffel Struikel", "Vang 'n Boer" en "Rebelspoor" - het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep, en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas. Nadat hy een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer Bothma die verhaal tot 'n dramatiese einde.
/ Alles het toe mooi uitgewerk. Die Kalahari steek sy geheime onder die sand weg. Goed so dat die houtkruis ook nou onder die sand verdwyn het. Jean en Flip hoef nie meer daardie kruis te dra nie. Hulle is nou vry. /
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.