Die Aksie-Bybel: Dagstukke vir kinders
90 DAGSTUKKE om die REGTE WERELD met GELOOF aan te durf.
Dis nie maklik om vandag 'n kind te wees nie. Die wêreld is 'n deurmekaar plek vol oneerlikheid, jaloesie, versoekings en boelies. Maar weet jy wat? Met God en sy Woord aan jou kant kan jy hierdie dinge hanteer! Elkeen van die 90 dagstukke in hierdie dagboek praat oor dinge wat jou en jou lewe raak soos woede, eerlikheid, hartseer en jou selfbeeld. Dit sal jou geloof in God sterker bou en jou help om met sekerheid en selfvertroue te leef.
Elke dagstuk help jou:
• Om te leer wat God se Woord sê met 'n vers uit die Bybel
• Om hierdie vers toe te pas in jou lewe
• Om te kyk hoe mense in die Bybel 'n soortgelyke situasie hanteer het
• Om daaroor na te dink sodat jy kan groei
• Om met God te praat deur te wys hoe jy kan begin bid
• Om dit wat jy leer met ander te deel
Kom ontdek hoe die raad in die Bybel vandag nog vir jou kan werk! God is elke dag by jou en Hy wil jou help om die uitdagings in jou lewe te hanteer. "Die Aksie-Bybel Dagstukker vir kinders" sal beslis 'n verskil in jou lewe maak!
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.