Die Aksie-Bybel: Jesus se Geboorte
Maria is verwonderd oor hoe lief sy vir die Seun is wat nog gebore moet word.
'n Lammetjie sien helder ligte aan die hemelruim. Wat kan dit wees?
'n Engel het 'n wonderlike boodskap - met sulke goeie nuus kan hy nie ophou sing nie!
In "Die Aksie-Bybel: Jesus se geboorte" deel ooggetuies wat hulle beleef het toe Jesus gebore is - van Jesaja tot Sagaria, Elisabet en Maria, 'n duif wat in die stal was toe Jesus gebore is, tot 'n kameel wat deur die woestyn op reis is.
Hoe sou jy gevoel het as 'n engel jou genooi het om Jesus te sien? Wat as jy 'n jong sterrekundige was wat 'n nuwe ster in die hemel sien? Of 'n donkie wat Maria dra op haar reis na Betlehem? Die verhale in "Die Aksie-Bybel: Jesus se geboorte" benader Jesus se geboorte vanuit 'n unieke perpektief, en die vrae vir nadenke sal jou en jou gesin Jesus se koms op 'n vars en unieke manier laat ervaar.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.