Ystervuis uit die see

    330,00 330,00 330.0 ZAR

    330,00

    Deze combinatie bestaat niet.

    Toevoegen aan winkelmandje

    Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies op vaartuie van die Suid-Afrikaanse Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastraktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, selfs binne die Suid-Afrikaanse Weermag.

    "Ystervuis uit die see" beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerlig (1981), waarin 'n operateur getref en ander beseer is in 'n aanval op 'n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

    Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie eilte-eenheid was.

    Dié omvattende boek is 'n moet vir enigeen met 'n belangstelleng in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.


    Dit is een voorbeeld van de recent bekeken producten door de gebruiker.
    Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.

    Recent bekeken producten