Die Woud van sneeu en ys
"Ons noem jou Mysti," sê Ravka, "Dit pas by jou... Dis misterieus en mooi."
Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie.
Tot Ravka haar vind en homself oor haar ontferm. Hy en sy ma, Tóva, neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty on getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaars gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm...
Die vraag oor wie sy is, word al dringender. Sal Ravka lief wees vir iemand soos sy?
Die woud van sneeu en ys hou baie meer geheime in as wat dit voorgee. Mysti moet keer dat haar hart en identiteit deel van dié ysige landskap word.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.