Gobabis
Ilse Nadine Mouton (née Morries) is 'n gebore Kapenaar, matrikuleer in 1970 aan die Hoërskool Groote Schuur en kwalifiseer daarna as radiografis by Tygerberg Hospitaal. Sy is getroud met André, 'n radioloog, en woon sedert 1990 in die Paarl. Hulle het drie kinders - Michelle, 'n dokter, Nicolaas en Adriaan, beide finansiële wiskundiges.
As jonggetroude verruil hulle die Bolandse berge vir die verrykende ervaring van 'n plattelandse leefwyse en verhuis na hul nuwe heimat in die eertydse Suidwes-Afrika - 'n land en sy mense wat 'n onuitwisbare nalatenskap in hul wese neerlê. Teen die agtergrond van politieke veranderinge word die wel en weë van Gobabis gedurende die 1980's met piëteit herleef.
"Aan die einde van die reënseisoen laat Louis sy werkers na n'abbas soek in die veld. Dit verg 'n kennersoog om die wilde truffels in die fyn krake van die sand raak te sien. Met sononder skink hy 'n schnapps en sit een van sy langspeelplate met Duitse musiek op die draaitafel."
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.