Bottelnek breek bek

    220,00 220,00 220.0 ZAR

    220,00

    Deze combinatie bestaat niet.

    Toevoegen aan winkelmandje

    Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags in straight bars en op donker sypaadjies sluimer nie.

    Een oggend op Belville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Verlies dryf Dora na die verkeerde kant van die stad, maar die witpyp bring slegs tydelik verligting. Eindelik word sy deur ma Helen by die huis in Woodstock uitgesmyt, en het sy geen keuse nie as om terug te keer na haar ma- en pa-goed in die Noord-Kaap.

    Terug na daardie woestynland waar sy weer Daantjie is, en al die ander spoke van die verlede moet trotseer. Wat is huis? wonder sy. En waar lê die skeidslyn tussen bloed en water?

    Dianne Du Toit Albertze se debuutroman is 'n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.


    Dit is een voorbeeld van de recent bekeken producten door de gebruiker.
    Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.

    Recent bekeken producten