De Jagers in die Dorsland

    450.00 450.00 450.0 ZAR

    450.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    Die onbeskryfbare lyding van mens en dier tydens die Dorslandtrek het 'n onuitwisbare indruk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gelaat. Tussen 1874 en 1877 het drie trekke Transvaal met sowat 700 persone (benewens 'n onbekende aantal swart arbeiders) verlaat. Ná 'n swerftog van sewe jaar het sowat 370 persone hulle uiteindelik in 1881 op die hooglande van Angola gevestig. Sowat 100 babas is tydens die trek gebore, sowat 230 mense het tydens die trek gesterf en nog 230 het omgedraai en na Transvaal teruggetrek.
    In die jare 1891 en 1893 het selfs nog meer trekkers Transvaal met drie verdere trekke verlaat. Ongeveer 770 persone het gedurende hierdie tyd na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Die geskiedenis van hierdie trekke is nie minder aangrypend as dié van die eerste drie trekke nie.
    Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer het. Vandag is die afstammelinge van dié De Jagers tot in Kanada, die Verenigde State van Amerika, Australië, Brittanje, Hong Kong en Suid-Korea versprei.
    Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word 'n kaart van die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gepubliseer.
    'n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto's vorm 'n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products