Gesinstyd met God

    250.00 250.00 250.0 ZAR

    250.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    God se hart vir die gesin is duidelik te sien in hierdie voorneme van Hom: "...Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees." (2 Kor. 6:18)

    God het behae in hulle wat na Hom soek. Die Koning van die heelal, die Skepper van die hemel en die aarde, verlang om saam met ons te wees. Hy wil Homself aan osn openbaar en aan ons geheimenisse bekend maak.

    Daar rus seën en guns op gesinne wat hulle afsonder om God te dien en aan Hom gehoorsaam is. As ons die Bybel deel maak van ons daaglikse lewe, sal ons kinders die Woord ook as noodsaaklik beskou. God se seën rus op die huis van diegene wat Hom dien. "... Hy seën die woning van die regverdiges" (Spr. 3:33b).

    Maar hóé dien 'n hedendaagse gesin God? Watter prettige, moderne maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding 'n fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewenveranderend is? Die ideaal is dat gesinstyd met God spontaan en op 'n natuurlike wyse deel van ons daaglikse doen en late word.

    Die skrywer wil met hierdie boek gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gee praktiese wenke en voorstelle oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daar is ool 52 orodenkings wat gesinne sal help om gesstelik te groei.

    Met bydrae deur 'n kognitiewe gedragsterapeut en berader, kindersielkundige, spelterapeut en onderwyser.


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products