Marinda Kook met Blikkies en Pakkies
Kies kortpad met blikkies en pakkies, boksies en botteltjies... vir sonder-moeite-treffers enige dag en heeljaar deur.
Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie? Dalk vir gesinskos of net ietsie ander vir 'n slag? Dan het Marinda Engelbrecht die antwoord. In haar derde boek wys dié gesoute hand hoe jy spoggeregte uit doodgewone blikkies en pakkies kan optower.
Jy hoef nie ure lank te swoeg met vleis-, hoender- of visgeregte nie - blikkies en pakkies is mos daar. Met net 'n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferkorsdeeg maak jy 'n geurige pastei, en min mense sal die verskil proe tussen die watertand-boontjiesop uit blikkies en pakkies en die ware jakob.
Pak met jou volgende inkopiestog 'n paar blikkies tamaties, bone, lensies, sampioene, vis, vleis en, natuurlik, ingedampte melk en kondensmelk vir die soet, in jou mandjie, en met "Marinda kook met blikkies en pakkies" byderhand kan jy enige smulgereg berei.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.