Newman se Voëls Volgens Kleur
Ken voëls maklik uit!
"Newman se Voëls volgens Kleur" bied 'n vinnige en maklike manier om Suider-Afrika se mees algemene voëls op grond van eerste indruk uit te ken. Om identifikasie verder te vergemaklik bevat hierdie handige, ryklik geïllustreerde gidsboek, nou in sy vierde uitgawe, ook foto's om die illustrasies aan te vul. Dit is opgedateer om die jongste naamveranderings te weerspieël, en sluit ook voëlname in verskeie plaaslike tale in. Voëls word volgens die kleur van hul verekleed, sowel as hul grootte, in afsonderlike afdelings gegroepeer sodat die boek maklik gebruik kan word. 'n Insiggewende inleiding verskaf praktiese wenke om voëls uti te ken en sluit ook inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie in, asook leiding vir die aspirant-voëlkyker.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.