Pippie Langkous Omnibus

    245.00 245.00 245.0 ZAR

    245.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    Pippie Langkous vier haar 75ste bestaansjaar met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus, wat al drie die oorspronklike boeke in die reeks bevat: "Pippie Langkous", "Pippie Langkous gaan aan boord" en "Pippie Langkous in die Suidsee".

    In hierdie nuwe uitgawe hersien Jaco Jacobs die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans, sodat lesers hulle opnuut kan verlustig aan Pippie se manewales.

    Pippie, die koddige klein heldin met die sproete en rooi vlegsels, woon alleen in Huis Winderuis. Haar pa, die legendariese seekaptein Efraim Langkous, is iewers op 'n eiland, maar Pippie word geselskap gehou deur haar perd en haar apie, Menner Jakobs. Pippie versin kostelike stories, maar het 'n hart van goud, en omdat sy merkwaardig sterk is, sit sy booswigte gou-gou op hul plek!

    Astrid Lindgren (1907-2002) is een van die beroemdste kinderboekskrywers van die 20ste eeu. Haar Pippie Langkous-verhale is in meer as 75 tale wêreldwyd vertaal en selfs ná soveel jare is die nimlike klein Pippie nog net so geliefd soos altyd!


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products