Van Humpata tot Upingtonia

    500.00 500.00 500.0 ZAR

    500.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    Ná 'n swerftog van sewe jaar, gekenmerk deur onbeskryflike lyding, het die Dorslandtrekkers hulle uiteindelik by Humpata op die hoogland van Angola gevestig. Binne 'n jaar ná hul aankoms het die eerste geesdrif oor hulle nuwe tuiste verflou en het ontnugtering en teleurstelling ingetree. Dit was nie lank nie of die meerderheid van die rustelose trekkers het besluit om na Transvaal terug te keer met dieselfde trekpad waarop hulle soveel gely het en soveel familielede aan die dood moes afstaan.
    Op pad terug kruis hul paaie weer met dié van die Kaapse bruin man William Worthington Jordan, een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het. Een deel van die trekkers besluit om hul lot by dié van Jordan te werp en hulle stig die republiek van Upingtonia, 'n kortstondige republiek in die noorde van Suidwes-Afrika.

    "Van Humpata tot Upingtonia" is die verhaal van hierdie trekkers se onverskrokke durf in die mees afgeleë dele van Suider-Afrika. Selfs onder 'n nasie wat bekend is vir hulle vermoë om koppig en met taaie volharding voort te trek, is die omswerwinge van hierdie groep sonder weerga.


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products