Op die plaas: Flori tel tot tien
Flori is kwaad en sy tel oor en oor tot by tien. Haar maats ken haar nie so nie. Hulle wil haar help om beter te voel, maar weet nie hoe nie. Toe stap hulle maar agter haar aan en tel saam met haar sover as wat hulle loop. Hoe lank gaan Flori kwaad bly?
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.
"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.