Home
Stay
Eat
Traditional Meals
Extras
Something Sweet
Art
Explore
Show a map
iReflect
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Hondeklip Bay
Contacteer ons
Mijn winkelmandje
Aanmelden
Verkoopprijslijst
Verkoopprijslijst
Vorige
11
12
13
14
15
16
17
Volgende
Sorteer op
Catalogus prijs: Hoog naar laag
Catalogus prijs: Laag naar hoog
Naam: A naar Z
Naam: Z tot A
Verkoop
Die Boomhuis met 39 Vloere
R
195,00
R
195,00
195.0
ZAR
Kom kuier saam met Andy en Terryin hulle superprettige boomhuis, nou met 39 vloere! Spring op die grootste trampolien ter wêreld, braai malvalekkers in 'n aktiewe vulkaan, swem in die sjokoladepoel, streel baba-dinosourusse... en ontmoet professor Idiotus, die wêreld se vernaamste ONT-uitvinder
Terry en Andy moet eintlik weer 'n boek indien vir hul uitgewer, mnr. Grootneus. En hulle is, soos gewoonlik, laat. Maar gelukkig het Terry 'n masjien uitgevind wat al die harde werk kan doen terwyl hulle speel en baljaar.
Dis nou te sê AS alles glad verloop...
Verkoop
Die Boomhuis met 52 Vloere
R
195,00
R
195,00
195.0
ZAR
Andy en Terry se ongelooflike boomhuis het nóg 13 splinternuwe, prettige vloere bygekry. Hulle het nou ook 'n waatlemoen-mokerkamer, 'n brandermasjien, 'n wortelkanon en 'n lewensgroot slangetjies-en-leertjies-speletjie (met regte lere en regte-egte lewende slange!). Daarby is daar 'n Ninjaslak-opleidingskool en 'n hoëtegnologiese speuragtenskap emt die allernuutste tegnologie vir belangrike speurwerk, wat baie nuttig te pas kom, want hulle het 'n GROOT raaisel om op te los... Meneer Grootneus het spoorloos verdwyn!
Nou ja toe, waarvoor wag jy?
Kom help die vriende om hom te soek!
Verkoop
Die Boomhuis met 65 Vloere
R
195,00
R
195,00
195.0
ZAR
Andy en Terry het al weer aangebou! Hulle verstommende boomhuis met 65 vloere het nou 'n troeteldiersalon (Jill is die baas daar), 'n verjaardagkamer waar dit altyd jou verjaardag is (al is dit nie), 'n dryfsandput, 'n mierplaas, 'n kamer vol ontploffende oogballe, en Boom-TV: 'n nuuskanaal wat jou op hoogte hou van allerhande boomnuus, skindernuus en weervoorspellings.
Jip! Andy en Terry se boomhuis het alles... behalwe 'n boupermit! En die bou-inspekteur is op pad met 'n weermag sloopmasjiene...
Sal Terry se tydmasjien die twee vriende se boomhuis kan red?
Verkoop
Rooi - Waarom boelies nie snaaks is nie
R
150,00
R
150,00
150.0
ZAR
Tobie bloos bloedrooi oor die kleinste dingetjies - en dít maak hom die skoolboelies se maklike prooi.
Hoe help jy jou maat as jy sélf bang is die boelies kom jou by?
Verkoop
Diereverkenners: Tobie die Diepseeduiker
R
140,00
R
140,00
140.0
ZAR
I jy gereed om te gaan verken?
Tobie is 'n jong tier wat daarvan droom om die donkerste dieptes van die oseaan te verken. Al wat hy nodig het, is waagmoed, deursettingsvermoë - en 'n tuisgemaakte duikboot!
Kom saam met Tobie op 'n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte oseaanverkenners.
Waarheen sal jou avonture jou neem?
Verkoop
Towertapyt
R
320,00
R
320,00
320.0
ZAR
Kom reis saam op 'n towertapyt en ontdek die gunsteling-stories van kinders regoor die wêreld!
Hierdie pragtig geïllustreerde boek bevat 32 fantastiese stories wat al eeue lank in verskillende lande vertel word.
Verkoop
Die Prinses met die Lang Hare
R
70,00
R
70,00
70.0
ZAR
In 'n klein, arm landjie woon daar 'n prinses met ongelooflike lang hare. Sy sou dit graag wou afknip, maar haar pa sê dat 'n dame se hare haar kosbaarste sieraad is...
Verkoop
My gunsteling slaaptydstories
R
170,00
R
170,00
170.0
ZAR
'n Boek oor 'n wolf en 'n meisie, twee muise en 'n gemmerbroodhuisie.
Hierdie vyf geliefde klassieke stories al kinders op 'n onvergeetlike avontuur neem.
Maak reg vir 'n opwindende reis!
Verkoop
Amok op 'n Besemstok
R
150,00
R
150,00
150.0
ZAR
Die heks het 'n kat en 'n puntige hoed.
En gemmerrooi hare, gevleg soos dit moet.
En soos hulle vlieg op die waai van die wind,
kan jy Heksie hoor lag en die katertjie spin.
Verkoop
Die Ruwe Berg
R
60,00
R
60,00
60.0
ZAR
Daar was eendag... lank gelede, of miskien gister eers... 'n legendariese berg. Niemand wat teen die berg uitgeklim het, was ooit weer soos voorheen nie. Gevolglik is almal in die land te bang om teen die berg uit te klim. Mense vermy dit selfs om naby die berg te kom.
Ten spyte daarvan wil iemand opklim. Maar reeds aan die voet van die berg verwelkom 'n bordjie hom waarop geskryf staan: "Sien, as jy kan." - Die man steek vas, maar gaan dan tog verder en begin om tree vir tree na die pad onder sy voete te kyk.
"Die Ruwe Berg" is die gelykenis van 'n boekkunstenaar.
Verkoop
Die klein boek van: Mal Modes
R
50,00
R
50,00
50.0
ZAR
Is jy mal oor modes?
Hierdie mal modes sal jou laat skaterlag en gril.
Wie het 'n vleisrok gedra?
Wie se hare was vol vlooie en goggas?
Watse klere kan jou doodmaak?
Kan jy vlieë van jou oë weghou mer grimering?
Jy sal nooit weer dieselfde na modes en grimering kyk nie. Lees dadelik hierdie boek!
Verkoop
Die klein boek van: Fantastiese Feite
R
50,00
R
50,00
50.0
ZAR
Is jy 'n slimkop?
Jy sal een wees as jy hierdie boek lees. Slyp jou brein met vreemde vrae soos...
Kan jy van die aarde afval?
Wat weeg 'n wolk?
Is daar meer bome of meer sterre?
Wanneer is piesangs gevaarlik?
Hierdie fantastiese feite (EN MEER) gaan jou verstom.
Verkoop
Kris de Kat
R
190,00
R
190,00
190.0
ZAR
Kris de Kat was 'n straatsangers-kat,
'n straatsangers-kat was hy.
En by die Leeu in Lelielaan was Klaas en Kris te kry
waar mense luister in 'n kring
na Kris wat miaau en Klaas wat sing:
"Hier gaan alles gaaf en goed.
Gooi tog ietsie in ons hoed.
Dis ek en hy en 'n ou kitaar,
en hier sing ons ons liedjies klaar."
Verkoop
Die Dingesfabriek: Janus en Kriek onder die see
R
90,00
R
90,00
90.0
ZAR
"Kyk hier! Vissermanne het 'n reuse-oereier van 'n geheimsinnige seedier gevind naby Bouvet-Eiland in die ysige Suid-Atlantiese Oseaan," sê Soetlief Knoets en trek die koerant nader.
"Die eier van 'n oer-seemonster?" vra Jannus belangstellend en druk sy neus tot byna teen die koerantpapier.
"Seemonsters?" vra Kriek en staan ook nader.
"Is daar werklik sulke goed?"
Maar Oupa het 'n verrassing vir die kinders. Die einste eier is in sy laboratorium, waar hy dit moet ondersoek.
Die kinders kyk met groot oë na hul oupa en vra gelyk: "Maar hoe gaan Oupa uitvind of dit nog lewend is?"
"Ons vat dit terug na waar dit vandaan kom, natuurlik, en kyk dan wat gebeur," sê Oupa. "Kom julle saam?"
Verkoop
Kinkels en Keuses: Die Holderstebolder Hondepartytjie
R
135,00
R
135,00
135.0
ZAR
Op sy verjaarsdag webs Jaco vir net een ding: 'n hond! En 'n hondepartytjie, met hondekolwyntjies. Maar gaan hy die geskenk van sy drome kry? Sal sy gunstelingmusiekgroep, Wagter en die Waghonde, opdaag? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik 'n reuseramp is, of as die hond wat hy kry in iets baie eienaardigs verander?
JY besluit aan die einde van elke hoofstuk wat volgende gaan gebeur! Dié storie is propvol opwindende KINKELS EN KEUSES!
Verkoop
Jy sê, ek sê, ons sê
R
155,00
R
155,00
155.0
ZAR
Leef jy volgens rubriek?
Sê hulle djou Afrikaans is vasgestiek?
Dalk is jy poffertjie-fraai
Maar hulle sê jou Afrikaans maak lawaai
Geen spesifisering, geen kleuverdeling
Ons pluk rond aan woordspeling
Afrikaans is my huis en taal
"Djy kan dit weer sê, broer Jamaal!"
Verkoop
Monster Grappe
R
170,00
R
170,00
170.0
ZAR
Wat kry jy tussen Godzilla se tone?
Na watter sepie kyk spoke graag?
Wat maak: "Ha-Ha-DOEF"?
Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!
Verkoop
Nog 13 Spookstories
R
230,00
R
230,00
230.0
ZAR
Het jy senuwees van staal?
Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruit krap nie?
Dan is dit net die boek vir jou!
Hierdie splinternuwe versameling bevat n
Verkoop
Redder van die Ryk: Die koning se weermag
R
190,00
R
190,00
190.0
ZAR
Alfie het op veertien koning geword. Nie net koning nie, maar die Redder van 'n ryk wat in 'n nuwe donker eeu gedompel is.
Die Redder het die stryd teen die Swart Draak verloor, en die Verenigde Koninkryk is nou in die kloue van opperbeskermheer Lock en sy weermag van ondooie Vikings en beserkers. Intussen begin Hayley 'n weerstandsbeweging in Londen se agterstrate. Alfie pak die hewige stryd aan om sy land terug te wen - gelukkig met die hulp van lojale vriende van die Ryk. Maar daar is 'n nuwe gevaar wat in die donker skuil...
Kan Alfie en sy vriende Lock keer voordat hy Hel op aarde loslaat?
/Die laaste boek in 'n aksiebelaaide trilogie./
Verkoop
Road to Glory: Percy Tau
R
100,00
R
100,00
100.0
ZAR
For Percy and his family, life is tough as their mother struggles to make ends meet. But there is one thing that brings the Tau boys together: soccer. Soon enough, Percy joins the Sundowns Youth Academy, where coach Pitso Mosimane teaches him all about what it takes to become a professional footballer.
In March 2017 Percy's life changes forever: he is called up to play for Bafana Bafana. In 2018 he is named as the leading goalscorer of the season. However, just as he's settled into his new role, Percy is offered a position to play for a major club in the UK. What will the future hold for one of the brightest stars in South African soccer?
Vorige
11
12
13
14
15
16
17
Volgende