Klipfontein Bring Herinneringe
160,00 160,00 160.0 ZAR
Namakwaland tot Overstrand
150,00 150,00 150.0 ZAR
My Pomp op my Plaas
200,00 200,00 200.0 ZAR
My Mense en my Skryfsels
150,00 150,00 150.0 ZAR
As die Suidwestewind Waai
350,00 350,00 350.0 ZAR
Lüderitz se geskiedenis is seker een van die rykste wat daar is. Dit dateer reeds uit die 1800's. Van Portugese seevaarders, die ontdekking van ghwano en selfs kosbare diamante tot waar die skrywer self sy eie geskiedenis hier uitgegraveer het, lê daar 'n reistog opgesluit tussen hierdie blaaie. Soek saam na verborge rykdom, ontmoet Bartolomeu Dias, en elkeen wat hier waar die suidwestewind jou spore toewaai, 'n plekkie verower het. Kom vang saam met Dennis harders en beleef Lüderitz soos net moontlik is uit die pen van iemand wat hier grootgeword het.
A History of Copper Mining in Namaqualand
220,00 220,00 220.0 ZAR
"Aspects of the History of Copper mining in Namaqualand" brought alive in the many fascinating and delightful contemporary comments by people whose lives and fortunes were closely interwoven with the saga of copper mining in Namaqualand. This colourful history of Namaqualand and its mines encompasses the entire period from the early 1600s to today.

Here are recounted the initial prospecting expeditions from the Cape, the first purely speculative boom of any extent in South Africa - the copper mining mania of the 1850s, the troubled question of leases and the effect of the final settlement on the Black peoples who were the original inhabitants of the area, and the rise and development of most important mining centres in Namaqualand. All these aspects and more are examined in this well-researched yet absorbing story.

With this book, John Smalberger makes a lasting contribution to our knowledge of Namaqualand's history.
Street map: Windhoek
140,00 140,00 140.0 ZAR
Guide to Sieges of South Africa
220,00 220,00 220.0 ZAR
Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog
395,00 395,00 395.0 ZAR
Heelwat is al oor die Anglo-Boereoorlog geskryf.
Tog handel slegs enkele publikasies oor die kunsvoorwerpe wat deur die Boere-krygsgevangenes vervaardig is. Vicky Heunis benader die onderwerp van krygsgevangenekuns uit 'n kultuurhistoriese perspektief. Sy brei uit op die motiverings waarom dit vervaardig is, die gereedskap waarmee en beskikbare rou materiaal waarvan dit vervaardig is. Die spesialisvakmanne wat verantwoordelik was vir die vervaardiging daarvan word ook onder die loep geneem. Daar word gekyk watter tipe voorwerpe gemaak is, die simboliek en inherente betekenis wat die voorwerpe ingehou het, asook die verspreiding en vestiging van afsetgebiede vir die verkoop en uitstalling van Boerekrygsgevangenekuns.
Golden Days in Namaqualand
95,00 95,00 95.0 ZAR
Waar die Kokerboom Luister
40,00 40,00 40.0 ZAR
Thirstland Epic
40,00 40,00 40.0 ZAR
Springbok... Namakwaland
20,00 20,00 20.0 ZAR
Baai van Diamante
100,00 100,00 100.0 ZAR
Die Optog van die Aftjoppers
70,00 70,00 70.0 ZAR
Registerperiode.
Neeltjie kap met 'n liniaal op die tafel om die vroegoggend-rumoer stil te kry.
"Goed, mense, hier is die beroepsvraelys wat julle moet voltooi."
"Ag néé, juffrou!" Die 8B's reageer met gebruiklike misnoeë.
Ek kyk na die vrae. Vir die soveelste keer dring mense daarop aan om te weet wat ek wil word.
Van: JOUBERT
Naam: JACQUES
Ouderdom: Amper skryf ek sestien. Dis nie meer lank nie.
Eerste beroepskeuse: Wat moet ek skryf? Die hoof het vanoggend voor skool in die vierkant omtrent gesmokkel met die vraelys. En die toekoms, die toekoms...
Langs my en agter my kras penne, en ek hoor papier ritsel soos die ander omblaai. Die dokters, rekenaarreuse, ouditeurs, mariene bioloë...
UITVINDER, skryf ek, kom wat wil. Dis wat ek nog altyd wou word. Soos my oom Zak.
Tweede keuse: In keurige drukletters skryf ek ONTDEKKINGSREISIGER.
Derde keuse: SKRYWER. Dis wat Neeltjie dink ek gaan word. Oor my opstelle so verbeeldingryk is.
My vraelys is net voltooi toe die interkom begin piep en kraak. Die hoof maak 'n aankondiging en begin die name aflees van die standerdagts wat aangewys is om aan die Jong Entrepreneurs-wedstryd deel te neem.
Die eerste twee name is heel voorspelbaar, maar die derde naam is 'n totale verrassing. Selfs die hoof huiwer 'n paar sekondes voordat hy lees: "Jacobus Joubert is die skool se derde en laaste inskrywing..."
Jacobus Joubert. Jacobus Joubert. Dit moet 'n fout wees, 'n grap. Die hele klas bars uit van die lag, hulle dink ook so.
'Ek sal hulle wys!' neem ek my voor.
Witboy in Afrika
190,00 190,00 190.0 ZAR