Find Your Next Read at Springbok’s Favorite Bookshop

My Eerste Afrika-avontuur
220,00 220,00 220.0 ZAR
Dié boek is 'n kind se eerste kennismaking met die magiese kontinent van Afrika.
Ouers en kinders word genooi om by een van die wêreld se grootste hedendaagse avonturiers, Riaan Manser, aan te sluit in sy verkenning van Afrika op 'n fiets!

In September 2003 ry Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad in 'n poging om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met 'n fiets toer. Hy het gedink dit sal hom 'n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 bereik hy weer Kaapstad, 14 kg ligter ná sy 36 500 km reis, deur vier-en-dertig lande. In sy oorspronklike boek "Around Africa on my bicycle" laat Riaan die leser toe om die geswoeg, opgewondenheid en af en toe se angstigheid van sy reis te herleef - sy wroeginge deur die Sahara en Libiese woestyne, die aanleer van Frans, Portugees en Arabies, aap, rot en vlermuis etes, om te kon staan voor die piramides, ongekende vryheid te ervaar in die Rooi See in Egipte, hiënas wat hy mond tot mond gevoer het, en staan op die hoosgte, sowel as die laagste punte in Afrika. Riaan het op 25 November 2005 veilig in Kaapstad aangekom.

Nou, vir die eerste keer, kan kinders hierdie wonderlike ontdekkingsreis in 'n prettige, geïllustreerde weergawe van die oorspronklike een herleef. Gevul met prettige feite en inligting sal "My Eerste Afrika-avontuur" jonk en oud vermaak vir nog baie jare.
Skattejag-Bybel
500,00 500,00 500.0 ZAR
Good News Bible
260,00 260,00 260.0 ZAR
Betereinder
255,00 255,00 255.0 ZAR
Rigtingwysers vir jou Lewenspad
320,00 320,00 320.0 ZAR
God weet wat ons wil hê nog voordat ons daarvoor vra.

Hy weet hoe elkeen van ons se lewenspad lyk nog voordat ons die pad gestap het. "Rigtingwysers vir jou lewenspad" is 'n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik. Dis dagstukke bring moed in swaarkry-tye spdat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom. Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. "Rigtingwysers vir jou lewenspad" is 'n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.
Gebed vir elke geleentheid
230,00 230,00 230.0 ZAR
"Gebed vir elke geleentheid" bevat meer as 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul.

Gebed maak dit moontlik om vrymoedig tot God te nader. Daar is tye wanneer ons graag ons harte na God wil wend, maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gedagtes en gevoelens aan die Here oor te dra nie.
In hierdie praktiese boek het Hennie Maartens meer as 100 hartsgebede saamgevoeg in 'n unieke bundel. Die leser kan riglyne vind vir gebed om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.
"Gebed vir elke geleentheid" is nie net die perfekte boek om 'n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos mense in die onderwys, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroepleiers en jeugleiers.
Die Koning se Wingerd
355,00 355,00 355.0 ZAR
Agab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel het, die profete van Baäl in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek.

"Die koning se wingerd" vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering.


Die geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en nagedink het. Hy laat dié aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat só deurskemer is verstommend relevant vir vandag.
Onverskrokke Vroue
295,00 295,00 295.0 ZAR
Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer - waar hoort vroue in die kerk, die politiek, die sakewêreld, sport en wetenskap? Was dit altyd so, of het dié rol oor die jare verander?
Bettina Wyngaard, Pverbergse skrywer, dromer, aktivis en reggeleerde, ontleed dié kwessie in 'n gesprek tussen die Bybel en Suid-Afrika se grondwet.
Sy kyk spesifiek na die sogenaamde tekste van verskrikking ("texts of terrors") in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? Het vroue in die Bybelse tye dinge anders beleef as ons vandag? En hoe staan dit vandag met vroue - as versorgers in die Covid-1
Nogtans-Geloof
280,00 280,00 280.0 ZAR
"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder."
- Habakuk 3:17

Hoe hou ek vas aan God as my en ander se ervaringe nie hoop weerspieël nie?
Ivor Swartz, die bekende jeugpredikant van Pretoria, lei ons om aan die hand van Habakuk 3:56 te vra hoe 'n nogtans-geloof lyk. Hoe praat, bid en leef ek voor ander as dit sleg gaan met my? Hoe bly ek geanker in God, eerder as om op die uitkoms te fokus?
Ivor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas deur te kies: Kies om te lewe vir dit wat ewigheidswaarde dra. Verander jou perspektief in tye van krisis en swaarkry, en reageer op 'n nogtans-manier.

'n Inspirerende boek wat hoop gee.
Vroue van die Bybel
190,00 190,00 190.0 ZAR
God se vroue van gister praat reguit met God se vroue van vandag.

Die vroue van die Bybel speel 'n integrale, wesenlike en beslissende rol in God se ewigheidsplan. Uit 'n hemelse oogpunt is vroue altyd uniek, weergaloos en onvervangbaar - hulle speel nooit 'n ondergeskikte rol in God se koninkryk nie. Soos hierdie Bybelstudie wys, demonstreer hierdie vroue van die Bybel vir ons die verhewe ideale van geloof en getrouheid, deugde en waardes, verstand en skoonheid, bevryding en vindingrykheid, diensbaarheid en opofferings.

Deur 'n indiepte-studie van elk van hierdie merkwaardige vroue van die Bybel sal jy ontdek dat God die hedendaagse vrou oproep om 'n betekenisvolle rol te speel in die gemeenskap, in die huis en in die kerk. Jy sal uit hulle foute leer en ontdek dat God se seëninge orovloedig is vir die vrou wat in alle omstandighede getrou op die Here vertrou.

In "Vroue van die Bybel" sal jy te staan kom voor vrae soos:
• Wanneer jy met kommer of probleme gekonfronteer word, kies jy die pad van bitterheid of die pad van gebrokenheid?
• Het jy geleer dat jy nie die verlede kan verander nie, maar die verlede well op die altaar kan plaas?
• Hou jy jou besig met dinge wat ewigheidswaarde het?
• Het jy al geleer dat ongeag die situasie waarin jy jou bevind, God groter is as die situasie?
• Behoort jou hart volkome aan die Here?
• Het God al die smeltkroes van teëspoed gebruik om jou karakter te vorm sodat dit soos suiwer goud blink?

In "Vroue van die Bybel" ontdek jy:
• Eva
Om God te volg nadat ons misluk het
• Sara
'n Gelowige vrou
• Mirjam
Vertrou op God met jou plek in die lewe
• Ragab
'n Nuwe begin met geloof
• Debora
Dis nie jou stryd nie, maar God s'n
• Rut
Om ons Verlosser te volg
• Hanna
Bring jou onvrugbaarheid na die Here
• Ester
Bruikbaar vir God waar Hy ons ook al plaas
• Die deugsame vrou
Lewenslesse uit Spreuke 31
• Maria en Marta
Sien wat ewig is
• Maria, die ma van Jesus
Die reis van 'n diensmaagd
• Die bruid van Christus
Lewe in die skoonheid van heiligheid
Hoeka se Dinge uit Toeka se Tyd
150,00 150,00 150.0 ZAR
Daai ding loop in jou bloed
180,00 180,00 180.0 ZAR
Gewapen met honderde vrae, kontaknommers, padkaarte, bandopnemers, kameras, nuuskierigheid en 'n opgewondenheid besluit twee vroue om die spoor van die Namas (afstammelinge van die Khoi-Khoi) vanaf Kaapstad tot in die Noord-Kaap te volg. Só betree hulle die onherbergsame wêreld waarin hierdie mense al honderde jare lank oorleef.

Hulle word met ope arms en ongekende gasvryheid verwelkom - hulle ervaar die Namafees in Steinkopf, leer die Namastapdans doen, ontmoet die "groot vroue" van die gemeenskap en leer meer van die Kooh-Rooh-Kooh-ontwikkelingsprojek.

Daar is min inligting beskikbaar oor die geskiedenis en omstandighede van die Nama en met vertellings en brokkies inligting kom dié mense se waardes en ware menswees na vore. Namawees het 'n diep spirituele betekenis vir hulle en die jongmense van hierdie wêreld is beslis: "Die Namakultuur is nie besig om uit te sterf nie. Hier is ons dan! Die kultuur leef voort in ons!" Hulle beaam "... as jy daai ding in jou bloed het..." weet jy wie jy is en waar jy vandaan kom.
Die lang pad terug
150,00 150,00 150.0 ZAR
Die dag toe ons krismis gaan soek het
250,00 250,00 250.0 ZAR
Kalahari Dreaming
280,00 280,00 280.0 ZAR
For hundreds of years the vast territory of the Kalahari remained a blank on the map. Yet it gripped the imagination of poets, painters, writers, dreamers, adventurers and some charlatans. This book is a whimsical anthology of those who were inspired by this desert, those who lived in its bitter confines and those who died in its dry embrace.
Krieket, Kerrie en Gandhi
250,00 250,00 250.0 ZAR
Johan Badenhorst en sy seun, Streichter, durf die Indiese subkontinent op ysterperde aan. Hulle bly met mikrofone in verbinding, maar is nie altyd lus om te praat nie. Terwyl Streichter vreesloos om haarnaalddraaie swenk, is Johan versigtiger. Albei moet kophou in die druk Indiese verkeer. Dit sorg vir 'n onvergeetlike pa-en-seun-ervaring, waar Johan opnuut besin oor sy pa-wees, maar ook terugdink aan sy eie herkoms.

Indië en sy mense is die sneller vir die vrae en bepeinsings oor die verlede en die toekoms. Ouerskap, rykdom, armoede, godsdiens en vele ander onderwerpe kom na vore. Alles speel af teen die agtergrond van nog 'n wonderlike "Voetspore"-ekspidisie.
Die Edik van Nantes Kookboek
315,00 315,00 315.0 ZAR
Trouvrou Mzansi
590,00 590,00 590.0 ZAR
Kook & Geniet
475,00 475,00 475.0 ZAR
Suid-Afrika se immergroen gunsteling, hersien vir vandag.

• meer as 700 eg Suid-Afrikaanse resepte, stap-vir-stap uiteengesit
• gesaghebbend, met klassieke resepte soos jou ma dit gemaak het
• alles-in-een kookboek met basiese advies en praktiese wenke
• onmisbaar in die Suid-Afrikaanse kombuis

Suid-Afrikase mees geliefde kookboek is ewe nuttig vir koskenners en beginners. "Kook en geniet" dek alles wat jy ooit oor kook sou wou weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos te vries - naas die wye verskeidenheid vertroude resepte. (Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjie-bredie of souskluitjies.)

Sedert "Kook en geniet" in 1951 vir die eerste keer verskyn het, is meer as 'n miljoen eksemplare gedruk. Dit bly deurgaans 'n topverkoper, en met 'n nuwe geslag Suid-Afrikaners wat wêreldwyd woon en werk, het die boek ook 'n internasionale reisiger geword.
Suidooster-Kombuis
290,00 290,00 290.0 ZAR