Die Bybel (1983) sagteband
164,00 164,00 164.0 ZAR
Wilde Vere
320,00 320,00 320.0 ZAR
My Eerste Wilde Eiland Avontuur
230,00 230,00 230.0 ZAR
In Julie 2009 het Riaan Manser die wêreld verstom met nog 'n rekordbrekende prestasie - die eerste persoon wat die vierde grootste eiland ter wêreld, MADAGASKAR, met 'n kayak omseil het!

Hierdie epiese reis van 5 000 km het hom 11 maande geneem en was vol uitdagings, fisies en geestelik. Hy het uiterste eensaamheid deurstaan te midde van gevaarlike beproewinge soos donderende golwe, verwoestende siklone en 'n brandende son wat hom amper lewendig gepekel het, saam met die soutwater.
Ontdek die asemrowende ontmoetings met Madagaskar se seelewe terwyl Riaan die eiland omseil het - boggelrugwalvisse wat meters van sy kayak af opspring, resuagtige leerrugskilpaaie wat saam met hom swem, en selfs 'n haai wat sy boot gestamp het.
Tussen die ontstuimige politieke onrus in Madagaskar deur, het Riaan dapper gereis en sy avontuur het hom selfs in die tronk laat beland - vyf keer om presies te wees. Sy moed en volharding is egter beloon toe hy in April 2010 erkenning ontvang het as die "Adventurer of the Year 2009".
Iemand wat Verdrink en ander verhale
230,00 230,00 230.0 ZAR
Iemand wat VERDRINK.
Iemand met 'n donker GEWETE.
Iemand wat van sy FAMILIE vertel.
Iemand wat wil VLIEG.
Iemand wat 'n VLOEKWOORD hoor.
Iemand wat nie kan SIEN nie.
Iemand wat ORANJE word.
Iemand wat GESOND EET vir Instagram-likes.
Iemand wat KLIPPE en klappers gooi.
Iemand in SWART-EN-WIT.
Iemand wat beheer VERLOOR.
Iemand wat 'n BOOT vir sy pa bou.
Iemand wie se lewe VERFROMMEL.
Iemand wat vir die eerste keer GIM toe gaan.
Iemand wat reëls maak en WRAAK neem.
Iemand wat BEGRAFNISBLOMME kry vóór hy sterf.
Iemand en haar ouma en 'n klomp BEFOETERDE vroue.
Iemand wat na appels RUIK.
Iemand wat, die VET weet, klaar is met koolsop.
Iemand wat ZOMBIES skiet.
Iemand vir wie mieliepap soos ARMOEDE smaak.
Iemand wie se SKOOLTAS wegraak.
Iemand wat ongelukkig 'N GELUKKIGE TREKKING wen.
Iemand wat 'n nuwe HART kry.
Iemand met 'n STERT.

Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.
Verkleurmannetjie
230,00 230,00 230.0 ZAR
Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Dié regte antwoord, wanat Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees.

Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s'n? Word hy agtervolg?

Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom...

Soos die titel belowe, is "Verkleurmannetjie" nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in 'n hele TV-reeks, deur 'n skrywer wat weet hoe werk 'n tiener se kop - en hou van hoe dit werk!
Willie Strauss se Sinkhuis Resepte
380,00 380,00 380.0 ZAR
Wian en die Viking Swaard
190,00 190,00 190.0 ZAR
Die Vroue van Kosmoslaan
310,00 310,00 310.0 ZAR
Viskos!
190,00 190,00 190.0 ZAR
Wat sal jy doen as 'n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel?

Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar iets is nie reg nie... Kort voor lank begin Flaffie vreemde goed doen - soos om Dennis se huiswerk op te eet! Daar wag 'n GROOT skok op die hele skool...
Jakkals en Wolf 2
220,00 220,00 220.0 ZAR
Olie vir jou Lamp
220,00 220,00 220.0 ZAR
Ben en die groot wedstryd
180,00 180,00 180.0 ZAR
Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so 'n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd druk Ben 'n uitstekende drie... maar onder die verkeerde pale! Ben voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in die Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie.
Hoendervleis: Grillerige stories en rympies
200,00 200,00 200.0 ZAR
Is jy gereed om HOENDERVLEIS te kry?

Slaap 'n nag lank in die spookkamer, trek 'n paar grillerige handskoene aan of waag dit om in die Middernagmeer te swem...

Hierdie versameling stories en rympies sal selfs die dapperste leser heerlik laat ril en gril!
Onthoukos
360,00 360,00 360.0 ZAR
Lekker & Goed
200,00 200,00 200.0 ZAR
50 Tydlose Breipatrone
260,00 260,00 260.0 ZAR
50 Tydlose Hekelpatrone
260,00 260,00 260.0 ZAR
African Wild Flowers colouring book
140,00 140,00 140.0 ZAR
Children will enjoy hours of fun colouring in this selection of Africa's most striking flowers. There are more than 40 images to colour in, each accompanied by an interesting caption - to help budding artists and young naturalists learn about the natural world as they work through the book.

In the middle of the book is a gallery of all the creatures and plants in full colour, providing a clear guide to which crayons or paints to use when colouring in the outlined images.
Onthou jy nog?
150,00 150,00 150.0 ZAR
Toe Blouvlerkie eendag spoorloos verdwyn, wil Muis, Krimpvarkie en Eekhoring eers glad nie glo wat gebeur het nie. Hul maatjie is dood. Beteken dit hulle sal nooit weer saam met hom aan bessies smul nie?
Nooit weer neute saam met hom soek nie? Die drie is diep hartseer.

Maar hoe vertroostend is dit toe hulle, met die hulp van wyse Uil, uitvind dat Blouvlerkie voortleef in die herinneringe en stories wat sy vriende oor en oor met mekaar deel.

'n Deernisvolle verhaal oor die dood en afskeid.
Geskik vir kinders en die hele gesin.