Tydlyn
400.00 400.00 400.0 ZAR
Ontdek die wêreldgeskiedenis - van die oerknal tot vandag - in hierdie asemrowende beeldreis. Met groot kleurplate vir groot en klein word die wêreld se kultuur en gebeurtenisse as een deurlopende verhaal voorgestel.

Boordevol interessante feite oor die dinosourusse, die Wikings, ridders en ontdekkingsreisigers, die Griekse wysgere, die eerste skrif, antieke Chinese koninkryke, wêreldoorloë, die Berlynse muur, die opkoms van die internet en soveel meer.

'n Groot kinderboek van 'n grootse geskiedenis.
Die Boek van Bye
400.00 400.00 400.0 ZAR
Die Boek van Bome
395.00 395.00 395.0 ZAR
Skuif
400.00 400.00 400.0 ZAR
'n Ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis.

Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken.

Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms voorspel, is "Skuif" die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince (voormalige president van die Vereniging van Britse Wetenskapskrywers) beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.
Anatomicum
450.00 450.00 450.0 ZAR
Welkom by "Anatomicum".

Hierdie museum is altyd oop en bevat 'n versameling uitstallings wat die werking van die menslike liggaam in die fynste besonderhede verduidelik. Hoe lyk jou liggaam aan die binnekant? Hoe word spiere gebruik om emosies te wys? Hoe groei 'n mens uit 'n enkele sel?

Maak dié boek oop om die wonders van die menslike liggaam in al sy glorie te ontdek.
Dinosourium
450.00 450.00 450.0 ZAR
Welkom by "Dinosourium".
Hierdie museum is dag en nag oop.

Dit huisves 'n belangrike versameling Mesosoïese monsters, van die kleine 'Troodon' tot die enorme 'Brachiosourus'. Hoe het die dinosouriërs ontwikkel? Hoekom het sommige vere en ander skubbe gehad?

Kom gerus binne en verken die ryk van dinosouriërs in al sy glorie.
Botanicum
450.00 450.00 450.0 ZAR
Welkom by "Botanicum".

Hierdie museum is altyd oop. Dit bevat 'n uitsonderlike versameling van plante en fungi, van piepklein alge tot bome wat tot tagtig meter hoog word. Hoe het plante geëvolueer? Hoe het diversiteit op aarde ontstaan soos ons dit vandag ken?

Maak dié boek oop om die plantkoninkryk in al sy glorie te verken.
Planetarium
450.00 450.00 450.0 ZAR
Welkom by "Planetarium".

Hierdie museum is altyd oop. Dit bevat 'n uitsonderlike versameling hemelliggame, van klein, ysige mane tot enorme warrelende sterrestelsels. Hoe groot is die heelal? Hoe het dit begin en watter geheimenisse skuil daar?

Maak dié boek oop om die heelal in al sy glorie te verken.
Kaarte
400.00 400.00 400.0 ZAR
Kom ontdek die wêreld met hierdie pragtige kaarteboek. Met sy versameling van 52 ryklik geïllustreerde kaarte is hierdie atlas nie net 'n uiteensetting van geografiese kenmerke en politieke grense nie; dit ontsluit ook betekenisvolle plekke, ikoniese figure, inheemse diere en plante, plaaslike volke, kulturele gebeurtenisse en nog baie fassinerende feite oor elke streek.

Hierdie boek is 'n viering van die wêreld - van sy ontsaglike berge tot sy kleinste goggatjies - en alles tussenin!