Gesinstyd met God
250.00 250.00 250.0 ZAR
God se hart vir die gesin is duidelik te sien in hierdie voorneme van Hom: "...Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees." (2 Kor. 6:18)

God het behae in hulle wat na Hom soek. Die Koning van die heelal, die Skepper van die hemel en die aarde, verlang om saam met ons te wees. Hy wil Homself aan osn openbaar en aan ons geheimenisse bekend maak.

Daar rus seën en guns op gesinne wat hulle afsonder om God te dien en aan Hom gehoorsaam is. As ons die Bybel deel maak van ons daaglikse lewe, sal ons kinders die Woord ook as noodsaaklik beskou. God se seën rus op die huis van diegene wat Hom dien. "... Hy seën die woning van die regverdiges" (Spr. 3:33b).

Maar hóé dien 'n hedendaagse gesin God? Watter prettige, moderne maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding 'n fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewenveranderend is? Die ideaal is dat gesinstyd met God spontaan en op 'n natuurlike wyse deel van ons daaglikse doen en late word.

Die skrywer wil met hierdie boek gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gee praktiese wenke en voorstelle oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daar is ool 52 orodenkings wat gesinne sal help om gesstelik te groei.

Met bydrae deur 'n kognitiewe gedragsterapeut en berader, kindersielkundige, spelterapeut en onderwyser.
Engele om ons
210.00 210.00 210.0 ZAR
Hoeveel Tande het 'n Engel?
190.00 190.00 190.0 ZAR
"Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso." Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen.
"Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet."

Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar 'n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir 'n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie...

Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie.

Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; 'n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan. En stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here. En dat sy kanker nie 'n straf is nie. En oor engele.

Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?
Gom vir jou Stukkende Wêreld
200.00 200.00 200.0 ZAR
Ons lewe in 'n stukkende wêreld.
Ons almal beleef dinge wat ons wêreld in skerwe kan laat breek.

In hierdie boek leer die gewilde jeugboekskrywer Jan Vermeulen jou van vyf waarhede wat jou wêreld soos GOM weer heel kan maak! Hierdie waarhede help jou om die kernboodskap van die Bybel te verstaan sodat jy self Bybelse antwoorde op al jou vrae kan kry.

Met selfstudievrae en baie plek vir notas, is hierdie boek ideaal vir selfstudie of om in 'n groep te gebruik.
Briewe van Mieliepit
120.00 120.00 120.0 ZAR
Mieliepit is 'n vreeslike bekkige hoender. Sy woon in die Fouries se huis.
As sy nie oefeninge doen vir haar vet hoenderboutjies nie, skryf sy briewe - vir jou!

Sy vertel jou van haar skool-onnie, meneer Hanepoot. Die sappige filmster Brad Pik. Haar aaklige tannie Petunia. En van Jaco en Janet - die twee kinders wat haar grys vere gee met al hulle streke. Maar die slimme hen gaan jou ook 'n hele paar goed LEER, soos...

Die vier woorde wat alles regmaak
Wat goeie maniere vir jou kan doen
Hoekom jy nie moet bang wees vir skool nie
Hoekom mens nie oor alles moet kla nie
Hoekom jy nie mag vat wat nie joune is nie, en meer

"Briewe van Mieliepit" sal jou laat skaterlag. En dit sal jou PITKOS gee, saam met 'n teksvers uit DIE BYBEL. Laastens, is daar ook 'n kort gebed wat jy kan BID na elke brief.
My Groot Lofkleuter-Bybel 2
290.00 290.00 290.0 ZAR
Uit die pen van geliefde sanger Jan de Wet kom nog 50 Bybelverhale. Hierdie stories is spesifiek geskryf met die kleingoed in gedagte, en met lewenswaardes en gebede wat maklik is om te verstaan.

Die kleurvolle illustrasies en gratis liedjies saam met elke storie, maak elke verhaal 'n spesiale leeservaring!
Ja! Kleuter Bybelstories oor Gebed
12.00 12.00 12.0 ZAR
Ja! Kleuter Bybelstories oor Liefde
12.00 12.00 12.0 ZAR
Ja! Kleuter Bybelstories oor Jesus
12.00 12.00 12.0 ZAR
Die Bergrede
180.00 180.00 180.0 ZAR
Op Pad deur Betlehem
230.00 230.00 230.0 ZAR
In "Op pad deur Betlehem" skryf die gewilde en deurwinterde skrywer Engela Linde oor die hele Bybel, van Genesis tot Openbaring.
Dié 66 dagstukkies is geskik vir persoonlike Bybelstudie, Bybelstudiegroepe of huisgeloof.
Die skrywer maak die Bybel lewend en van toepassing op ons eie omstandighede. Sy kyk na die tydvak en kultuur waarin gebeure afspeel en mense gelewe het en bespreek interessante, dikwels onbekende feite.
Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reële koms en die totstandkoming van die nuwe Israel, 'n belofte van hoop vir ons elkeen om aan vas te hou.
Wat Glo Jy?
80.00 80.00 80.0 ZAR
Kan jou laerskoolkind antwoord as iemand vra wie God, Christus en die Gees is?

"Wat glo jy?" beantwoord die algemeenste vrae oor God, Christus, geloof en die Gees. Elke antwoord word begrond uit die belydenisskrifte en aangevul met 'n Bybelse verhaal of gelykenis. Dit sal kinders van alle denominasies help om al hoe meer die Bybelse antwoorde op hulle lewensvrae te verstaan en hulle eie te maak.

"Wat glo jy?" is geskryf in samehang met "Wie is God?" wat gerig is op tieners en volwassenes. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat hulle met kinders kan gesels.
'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders
150.00 150.00 150.0 ZAR
Die Bybel is die belangrikste boek wat jy kan lees. Dit is propvol raad en riglyne om vir ons te wys wat ons moet doen om regtig te lewe soos God van sy kinders verwag. Maar soms is ons nie seker hoe om die Bybel reg te gebruik nie. Dave Strehler kan jou hiermee help!

In "'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders" kry jy die volgende:
• Elke boek van die Bybel word bespreek, van Genesis tot Openbaring.
• Belangrike onderwerpe soos geloof en redding word só verduidelik dat jy dit maklik kan verstaan.
• Daar is oulike kaarte en tydlyne.
• Daar is interessante inligting oor Bybeltye.

As jy hierdie boek gelees het, sal jy verstaan hoe al die Bybelboeke by mekaar pas, en ky sal weet hoe om dit wat die Bybel ons leer, in jou lewe te gebruik.

"'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders" sal jou help om die Bybel beter te verstaan en dit wat jy daarin leer, in jou lewe uit te leef.
Mini-oordenkings om God te ken vir kinders
60.00 60.00 60.0 ZAR
Soms kan selfs laerskolers uitdagings in hulle lewe ervaar - van boelies tot groepsdruk tot om goeie punte te kry.

Die 180 dagstukkies sal meisies en seuns tussen 8 en 12 verseker dat hulle nooit alleen is as hulle God ken nie. Hy is elke tree van die pad saam met hulle!
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir meisies
190.00 190.00 190.0 ZAR
"Die sakpas-Bybel met oordenkings vir meisies" is die ideale reisgenoot op jou lewensreis.

Elkeen van die 366 oordenkings bied:
• 'n Versameling sleutelverse oor relevante onderwerpe soos aanbidding, ewige lewe, identiteit, verhoudings en waardes.
• 'n Kort oordenking deur Johan Smith oor die onderwerp wat geestelike groei aanmoedig.

Die tematiese indeks maak die opspoor van enige onderwerp maklik en eenvoudig.
Laat "Die sakpas-Bybel met oordenkings vir meisies" jou hart instem op dit wat God vir jou beplan het.
'n Bybel-dagboek vir meisies
150.00 150.00 150.0 ZAR
"'n Bybel-dagboek vir meisies" inspireer jong gelowiges deur die 365 dagstukke en Bybelverse wat spesifiek kyk na onderwerpe wat vir 8- tot 12-jariges belangrik is.
Elke dagstuk is propvol moed, hoop en vrede vir elke dag. Begin bou aan 'n sterk fondasie vir geloof - een wat vir altyd sal hou!
'n Bybel-dagboek vir seuns
149.00 149.00 149.0 ZAR
"'n Bybel-dagboek vir seuns" inspireer jong gelowiges deur die 365 dagstukke en Bybelverse wat spesifiek kyk na onderwerpe wat vir 8- tot 12-jariges belangrik is.
Elke dagstuk is propvol moed, hoop en vrede vir elke dag. Begin bou aan 'n sterk fondasie vir geloof - een wat vir altyd sal hou!
Die Bybel-Trivia Dagboek
200.00 200.00 200.0 ZAR
Kom ontdek in "Die Bybel-trivia dagboek" se 365 dagstukke hope interessante inligting oor Skrifwaarhede, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure - en hoe dit vandag vir jóú relevant is!

Niks in die Bybel is onbelangrik nie - dit is God se lewende Woord wat hoop, vrede en lewe gee vir elkeen wat dit lees. Kry vandag jou skeppie hoop en leef voluit op God se pad!
Die Storie wat jou Lewe kan Verander
20.00 20.00 20.0 ZAR