Jopie's
Stay
Eat
Traditional Meals
Extras
Something Sweet
Art
Explore
Show all activities
iReflect
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Kleinzee
Contact us
My Cart
Sign in
Public Pricelist
Public Pricelist
Prev
1
2
Next
Sort by
Catalog price: High to Low
Catalog price: Low to High
Name: A to Z
Name: Z to A
ANTHOLOGIES
|
ART
|
CHILDREN
|
CHRISTIAN
|
COMICS
|
FICTION
|
FOOD
|
GIANT PICTURE BOOKS
|
HISTORY
|
MEMOIR & AUTOBIOPRAHY
|
NATURE
|
NON-FICTION
|
POETRY
|
TEENAGE & YOUNG ADULT
|
TRAVEL
Food Books
Sale
Marinda se Koskas
R
280.00
R
280.00
280.0
ZAR
Sale
Marinda se Kinderkombuis
R
300.00
R
300.00
300.0
ZAR
Hierdie kookboek is vir kinders, nie vir grootmense nie!
"Marinda se kinderkombuis" is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Benewens resepte is daar 'n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op 'n pretmanier help met wiskunde, wetenskap, lees en skryf.
Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in 'n bottel te pak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. Dit is net 'n paar van die liplekker resepte uit "Marinda se kinderkombuis".
En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word 'n laboratorium wanneer hy wys hoe om 'n kleureskouspel met melk op te tower, 'n eier in 'n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog meer.
Sale
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek
R
340.00
R
340.00
340.0
ZAR
Sale
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2
R
350.00
R
350.00
350.0
ZAR
Vinnig, flatervry en perfek vir Suid-Afrikaanse gesinne.
Bederf jou familie en vriende met smullekker eetgoed uit Louisa Holst se fantastiese boek, "Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2". As 'n topverkoperskrywer weet sy wat lugbraaier-entoesiaste (en onervare groentjies) wil hê en nodig het. Sy gebruik plaaslike geure op prettige en vindingryke maniere (dink brandewyn-en-Coke-hoendervlerkies, samoesas met gerookte snoek en appelkoos en visvinger-Gatsby's) wat jou sal inspireer om jou lugbraaier elke dag te gebruik. Met hierdie moethê-boek kan jy happies maak om te geniet terwyl julle sport kyk, 'n soetigheid vir teetyd bak en middag- en aandetes berei - maklik en heerlik.
Sale
Die Edik van Nantes Kookboek
R
315.00
R
315.00
315.0
ZAR
Sale
Trouvrou Mzansi
R
590.00
R
590.00
590.0
ZAR
Sale
Kook & Geniet
R
475.00
R
475.00
475.0
ZAR
Suid-Afrika se immergroen gunsteling, hersien vir vandag.
• meer as 700 eg Suid-Afrikaanse resepte, stap-vir-stap uiteengesit
• gesaghebbend, met klassieke resepte soos jou ma dit gemaak het
• alles-in-een kookboek met basiese advies en praktiese wenke
• onmisbaar in die Suid-Afrikaanse kombuis
Suid-Afrikase mees geliefde kookboek is ewe nuttig vir koskenners en beginners. "Kook en geniet" dek alles wat jy ooit oor kook sou wou weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos te vries - naas die wye verskeidenheid vertroude resepte. (Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjie-bredie of souskluitjies.)
Sedert "Kook en geniet" in 1951 vir die eerste keer verskyn het, is meer as 'n miljoen eksemplare gedruk. Dit bly deurgaans 'n topverkoper, en met 'n nuwe geslag Suid-Afrikaners wat wêreldwyd woon en werk, het die boek ook 'n internasionale reisiger geword.
Sale
Suidooster-Kombuis
R
290.00
R
290.00
290.0
ZAR
Sale
5 Ingredients: Mediterranean
R
540.00
R
540.00
540.0
ZAR
Sale
Trouvrou
R
465.00
R
465.00
465.0
ZAR
Sale
Brood & Botter
R
450.00
R
450.00
450.0
ZAR
In "Brood & Botter" neem Nic van Wyk jou op 'n drieledige kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording: Daar is onthoukos uit sy kinderdae, nostalgiese restaurantgeregte en dan hartskos, sy aardse gunstelinge.
Die boek herinner aan "Kook en geniet", met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte 'n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous en lepel-eet-stokvis. Sy onopgesmukte restaurantkos, soos hoenderkrokette met truffel-en-mieliesous of appelstrudel met gemmerroomys, gaan jou verras met dieplekker geurkominasies, en sy lankstaan-skaaprib en hamburger met aïoli, tamatiekonfyt en komkommerpiekels - sy hartskos - weerspieël sy voorkeur vir kos sonder fieterjasies.
"Brood & Botter" is 'n boek wat in elke Suid-Afrikaanse huishouding hoort. Geniet die reis!
Sale
Knuppeldik aan Koningskos
R
290.00
R
290.00
290.0
ZAR
Sale
DAliciously
R
290.00
R
290.00
290.0
ZAR
Sale
Kostalgie
R
450.00
R
450.00
450.0
ZAR
Sale
Beste Boerebraaie in Namibië
R
200.00
R
200.00
200.0
ZAR
Sale
Boerekos met 'n twist
R
450.00
R
450.00
450.0
ZAR
"Boerekos met 'n twist" kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse "Kook en Geniet" vir besige mense.
In ontsuimige tye hunker ons terug na die bekende, verstroostende kos waarmee ons grootgeword het. Met hierdie boek, iets tussen 'n ouwêreldse familieresepteboek en 'n nuwerwetse kook-en-bakhandleiding, bring Annelien Pienaar nie net hulde aan die eenvoudige, voedsame huiskos van haar ma en pa, ouma en oumagrootjie nie - sy gee ook aan elke resep haar eie avontuurlustige kinkel om dit nóg veelsydiger, vinniger, makliker of goedkoper te maak.
"Boerekos met 'n twist" bied jou:
• 140 gesonde, beproefde huiskosresespte, elk met sy eie storie, "geheime" en lesse, en wat spoggerig genoeg is vir onthaal - van tradisionele groente-, vleis- en nageregte tot soppe en souse, gebak en bottel- en bêreprodukte.
• 7 spyskaartvoorstelle vir spesiale geleenthede
• nuttige inligting oor kookterme, gaarmaaktye, omskakelingstabelle, plaasvervangerbestanddele, alternatiewe gaarmaakmetodes, kortpaaie en raakvatraad.
Sale
Dit Proe Soos Huis
R
440.00
R
440.00
440.0
ZAR
Vars uit die sjefskool stap Herman Lensing, grootoog-dromer van Upington, die gange van SARIE op 22 jaar binne as dié tydskrif se jongste kosredakteur ooit. Sedertdien maak hy naam as redakteur van SARIE KOS, op die Afrikaanse leefstylkanaal VIA (DStv 147), en in verskeie kookprogramme.
In "Dit proe soos huis", sy vierde treffer, neem hy ons op 'n reis deur die geure van sy ma, Susan Lensing, se kombuis. In nege hoofstukke ontvou die storie van sy grootwordjare en verhouding met sy ma - alles gewortel in egte kos wat almal kan kook.
Sale
Klein Kook & Geniet
R
340.00
R
340.00
340.0
ZAR
'n Eg Suid-Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdomme.
"Kook & Geniet" se kleinsus is terug! Propvol staatmaakresepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Die meer as 55 resepte sluit als in van ou gunstelinge soos hamburgers, tjips en pizza tot 'n verskeidenheid soetgoed.
Elke resep word stap-vir-stap verduidelik met kleurfoto's. En jy leer ook:
• hoe om 'n resep te volg
• hoe om te meet
• wat kookterme beteken
• hoe om kombuisgereedskap te gebruik.
"Klein kook & geniet" sal jou touwys maak in die basiese kuns van kosmaak. En as jy eers weet hóé, sal jy enige resep kan baasraak.
Sale
Marinda Kook met Blikkies en Pakkies
R
310.00
R
310.00
310.0
ZAR
Kies kortpad met blikkies en pakkies, boksies en botteltjies... vir sonder-moeite-treffers enige dag en heeljaar deur.
Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie? Dalk vir gesinskos of net ietsie ander vir 'n slag? Dan het Marinda Engelbrecht die antwoord. In haar derde boek wys dié gesoute hand hoe jy spoggeregte uit doodgewone blikkies en pakkies kan optower.
Jy hoef nie ure lank te swoeg met vleis-, hoender- of visgeregte nie - blikkies en pakkies is mos daar. Met net 'n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferkorsdeeg maak jy 'n geurige pastei, en min mense sal die verskil proe tussen die watertand-boontjiesop uit blikkies en pakkies en die ware jakob.
Pak met jou volgende inkopiestog 'n paar blikkies tamaties, bone, lensies, sampioene, vis, vleis en, natuurlik, ingedampte melk en kondensmelk vir die soet, in jou mandjie, en met "Marinda kook met blikkies en pakkies" byderhand kan jy enige smulgereg berei.
Sale
Ned. Geref. Kerk Namakwaland 1850-2000: Gunsteling Familieresepte
R
135.00
R
135.00
135.0
ZAR
Prev
1
2
Next