The Resolution for Men
350.00 350.00 350.0 ZAR
While most men will die with deep regrets, others will resolve to live for what matters most.

From the "New York Times" best-selling authors of "The Love Dare" comes a strong resolution of faith, family, and fatherhood that sets men on a course toward long-term success - the kind that breaks the chains of your past, earns the loving trust of your wife, wins the hearts of your children, and prepares a legacy beyond what your father could leave for you. With a clear resolution, you'll be able to see exactly where you're going. Straight ahead into a life marked by renewed faithfulness.
Die Draakjagter
120.00 120.00 120.0 ZAR
"Eendag as ek groot is, gaan ek 'n draak-jagter word."

'n Klein beertjie droom van die dag dat hy groot en sterk gaan wees - die dag wanneer niks hom meer bang sal maak nie. Maar daar is nog 'n paar dinge wat sy broekie so 'n bietjie laat bewe...

Op 'n waaghalsige soektog, diep die Land van Verbeelding in, ontdek die klein beertjie presies hoe dapper hy kan wees...
Klouter
90.00 90.00 90.0 ZAR
Die apies, bobbejane en gorillas kraai koning in die woud omdat hulle in die hoë bome kan klim. Hettie, 'n liewe olifantjie, wil graag by haar maats inpas en droom daarvan om soos hulle te klim en klouter. Sy skryf vir die jaarlikse boomklimkompetisie in en begin hard oefen. Maar olifante kan nie boomklim nie - hulle het wel ander talente. Hettie wys wat sy kan doen toe daar 'n vuur in die woud uitbreek.

Ouers, onderwysers en terapeute kan hierdie bowk gebruik om kinders aan te moedig om gemaklik in hul eie vel te wees en hulself lief te hê en te aanvaar net soos hulle is. Kinders leer dat dit oukei is om anders en uniek te wees en dat hulle kan trots wees op hulle talente.
Trippel die Trapsoetjies
90.00 90.00 90.0 ZAR
Trippel is baie ongelukkig omdat hy nie soos ander trapsoetjies van kleur kan verander om te wys hoe hy voel nie. Maar op sy avontuur leer hy om te sê hoe hy voel en te luister as ander oor hulle gevoelens praat. Hy is spesiaal omdat hy anders is. Nou hou Trippel van homself net soos hy is.

Ouers, onderwysers en terapeute kan hierdie boek gebruik om kinders aan te moedig om met 'n vertroueling te praat oor hulle emosies. Kinders leer ook om dit wat hulle uniek en anders maak, te aanvaar en vir hulleself lief te wees.
Trippel maak maats
90.00 90.00 90.0 ZAR
Trippel ontmoet twee nuwe maats wat sy hulp nodig het - 'n verdwaalde parkiet en 'n eensame ou apie. Saam met hulle leer hy om sy vrese en uitdagings aan te durf en dapper te wees. Hy ontdek dis lekker om vriendelik te wees en ander te help.

Ouers, onderwysers en terapeute kan hierdie boek gebruik om kinders aan te moedig om hulp te vra wanneer hulle dit nodig het. Kinders leer ook om vriendelik en behulpsaam te wees wanneer ander hulp benodig. So is dit mos makliker om maats te maak!
My Klein Bybel & Gebedeboekie
140.00 140.00 140.0 ZAR
"My Klein Bybel en Gebedeboekie" bevat van die mees geliefde Bybelverhale van alle tye. Elke pragtig-geïllustreerde storie word vergesel deur 'n gebed uit die Psalms. Hierdie Bybel gee vir klein kindertjies 'n liefde vir God se Woord en leer hulle van kleins af hoe om te bid.
Klassieke Storie-Bybel
300.00 300.00 300.0 ZAR
Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder;
Hy sal die lammers in sy arm
vergader en aan sy bors dra;
die lammerooie sal Hy saggies lei.
Jesaja 40:11

Die verhale van die Bybel kry nuwe lewe in hierdie pragtige "Klassieke Storiebybel" vir kinders. Die "Klassieke Storiebybel" sluit verhale van die belangrikste gebeurtenisse van die Christelike geloof in. Die pragtige en dramatiese illustrasies beeld in grafiese besonderhede 57 van die belangrikste Bybelse gebeurtenisse uit. Die illustrasies skep 'n kontekstuele rekonstruksie van die wêreld van die Bybel wat kinders help om die boodskap van die Bybel beter te verstaan. Hierdie kinderbybel sal in die jare wat kom 'n groot gunsteling onder kinders en families bly.
Dawie Duif: Oliebol-Speurder
100.00 100.00 100.0 ZAR
Dawie Duif droom daarvan om 'n groot speurder soos sy oupagrootjie te wees. Maar om misdaad op te los is nie so maklik nie. Nadat Dawie 'n dief laat wegkom en per ongeluk die bewyse opeet, gee hy byna op. Maar dan word hy en sy maat, Muis, 'n tweede kans gegun. Sal hulle al die raaisels kan oplos?
Die Spooktrein
100.00 100.00 100.0 ZAR
Dirk is mal oor treine. Wanneer hy en sy ma by 'n ou stasiehuis intrek, is dit 'n droom wat waar word! Hy is selfs meer verbaas toe 'n antieke treinsinjaal een nag flikker en begin lewe kry... en 'n spookagtige trein verby sy venster stoom. Waarheen is dit op pad? En nog belangriker, sal dit ooit lank genoeg stop vir Dirk om uit te vind?
Oulike Stories vir Slaaptyd: Deel 1
120.00 120.00 120.0 ZAR
Klaas Vakie het verdwyn - die kindertjies slaap nie meer nie! Gaan soek hom saam met jou kleinding en ontdek dat drome soms werklik waar word...

Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis deur die land van oulike stories!
Oulike Stories vir Slaaptyd: Deel 2
120.00 120.00 120.0 ZAR
Buksie ontdek 'n wonderwêreld in stories, dis soos 'n regte droom! Kom ontmoet Bangjan die bang dinosourus en geniet stories saam met jou kleuter - net om slaaptyd bietjie uit te rek...

Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis deur die land van oulike stories!
Geheime op Philadelphia
310.00 310.00 310.0 ZAR
Into Kokerboom Country
1,750.00 1,750.00 1750.0 ZAR