Krok en Dil gaan skool toe
150,00 150,00 150.0 ZAR
ONTMOET VIR KROK EN DIL

Krok hou van speel... maar hy hou nie daarvan as iemand hom kielie nie.

Dil hou van skool... maar hy hou nie van stilsit nie.

Dil hou van Krok.
En Krok hou van Dil.
Krok en Dil is beste maats... en hulle sal jou laat skater van die lag!

3 skreeusnaakse strokies
Perfek vir beginnerlesers!
Krok en Dil se Blou Alfabetboek
50,00 50,00 50.0 ZAR
Krok en Dil het pret van A tot Z!
Maak kennis met die letters van die alfabet in hierdie prettige, kleurvolle boek, perfek vir beginnerlesers.

Lees is pret saam met Krok en Dil!
Dié prettige reeks is die perfekte wegspringplek om kidners lief te maak vir lees.
Krok en Dil se Geel Woordsoekboek
50,00 50,00 50.0 ZAR
Hierdie boek is propvol woorde - woorde net waar jy kyk!
Help Krok en Dil om die woorde te soek.

Dié woordsoekboek is nie net vet pret nie, dit help kinders ook om hul woordeskat uit te brei, beter te spel en ure lank besig te bly!

Lees is pret saam met Krok en Dil!
Dié prettige reeks is die perfekte wegspringplek om kidners lief te maak vir lees.
Krok en Dil se Groen Grappieboek
50,00 50,00 50.0 ZAR
Krok en Dil hou van grappies!
In hierdie groen grappieboek is hope grappies wat selfs die knorrigste krokodil sal laat skater van die lag.

Wat noem jy 'n krokodil met komkommers in sy ore?
Wat is groen en ruik net soos rooi verf?
Hoe ruik 'n baba-krokodil?
Perfek vir voorlees en selflees.

Lees is pret saam met Krok en Dil!
Dié prettige reeks is die perfekte wegspringplek om kidners lief te maak vir lees.
Krok en Dil se Rooi Rympieboek
50,00 50,00 50.0 ZAR
Krok en Dil hou van rympies!
Hierdie rooi rympieboek is propvol prettige rympies.
Voer dit op!
Leer dit uit jou kop!
Of lees dit net vir die pret!
Perfek vir voorlees en selflees.

Lees is pret saam met Krok en Dil!
Dié prettige reeks is die perfekte wegspringplek om kidners lief te maak vir lees.
Die Aardigste Kinders op Aarde
295,00 295,00 295.0 ZAR
Asseblief-blief-blief, 'n duisend assebliewe en dan nóg 'n asseblief...
MOENIE HIERDIE BOEK LEES NIE!
Die Aardigste Onnies op Aarde
295,00 295,00 295.0 ZAR
Geldwolfie
150,00 150,00 150.0 ZAR
Klein Beertjie nooi 'n nuwe maatjie
35,00 35,00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Wanneer Klein Beertjie nie vir Stinkie Stink na sy partytjie wil nooi nie, leer Mamma Beer hom hoe Jesus 'n vriend was vir Saggeus.

"Klein Beertjie nooi 'n nuwe maatjie" is die ideale manier om jou 3- tot 6-jarige te leer hoe om God se liefde aan ander te betoon.
Klein Beertjie sing vir God
35,00 35,00 35.0 ZAR
Klein Beertjie sê vir God dankie
35,00 35,00 35.0 ZAR
Die Aksie-Bybel: Dagstukke vir kinders
199,00 199,00 199.0 ZAR
90 DAGSTUKKE om die REGTE WERELD met GELOOF aan te durf.

Dis nie maklik om vandag 'n kind te wees nie. Die wêreld is 'n deurmekaar plek vol oneerlikheid, jaloesie, versoekings en boelies. Maar weet jy wat? Met God en sy Woord aan jou kant kan jy hierdie dinge hanteer! Elkeen van die 90 dagstukke in hierdie dagboek praat oor dinge wat jou en jou lewe raak soos woede, eerlikheid, hartseer en jou selfbeeld. Dit sal jou geloof in God sterker bou en jou help om met sekerheid en selfvertroue te leef.

Elke dagstuk help jou:
• Om te leer wat God se Woord sê met 'n vers uit die Bybel
• Om hierdie vers toe te pas in jou lewe
• Om te kyk hoe mense in die Bybel 'n soortgelyke situasie hanteer het
• Om daaroor na te dink sodat jy kan groei
• Om met God te praat deur te wys hoe jy kan begin bid
• Om dit wat jy leer met ander te deel

Kom ontdek hoe die raad in die Bybel vandag nog vir jou kan werk! God is elke dag by jou en Hy wil jou help om die uitdagings in jou lewe te hanteer. "Die Aksie-Bybel Dagstukker vir kinders" sal beslis 'n verskil in jou lewe maak!
Diary of a Wimpy Kid 18: No Brainer
195,00 195,00 195.0 ZAR
Up until now, middle school hasn't exactly been a joyride for Greg Heffley. So when the town threatens to close the crumbling building, he's not too broken up about it.

But when Greg realizes this means he's going to be sent to a different school to his best friend, Rowley Jefferson, he changes his tune. Can Greg and his classmates save their school before it's shuttered for good? Or is this the start of a whole new chapter for Greg?
Krok en Dil v1 b6: Kyk vir my!
45,00 45,00 45.0 ZAR
Kyk vir Dil!
Hy gly op die ys.
Kan Krok ook gly?

Lees is pret saam met Krok en Dil!
Dié prettige reeks is die perfekte wegspringplek om kidners lief te maak vir lees.
My Eerste Wilde Eiland Avontuur
230,00 230,00 230.0 ZAR
In Julie 2009 het Riaan Manser die wêreld verstom met nog 'n rekordbrekende prestasie - die eerste persoon wat die vierde grootste eiland ter wêreld, MADAGASKAR, met 'n kayak omseil het!

Hierdie epiese reis van 5 000 km het hom 11 maande geneem en was vol uitdagings, fisies en geestelik. Hy het uiterste eensaamheid deurstaan te midde van gevaarlike beproewinge soos donderende golwe, verwoestende siklone en 'n brandende son wat hom amper lewendig gepekel het, saam met die soutwater.
Ontdek die asemrowende ontmoetings met Madagaskar se seelewe terwyl Riaan die eiland omseil het - boggelrugwalvisse wat meters van sy kayak af opspring, resuagtige leerrugskilpaaie wat saam met hom swem, en selfs 'n haai wat sy boot gestamp het.
Tussen die ontstuimige politieke onrus in Madagaskar deur, het Riaan dapper gereis en sy avontuur het hom selfs in die tronk laat beland - vyf keer om presies te wees. Sy moed en volharding is egter beloon toe hy in April 2010 erkenning ontvang het as die "Adventurer of the Year 2009".
Wian en die Viking Swaard
190,00 190,00 190.0 ZAR
Wian is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy pa daar moet werk.

Gelukkig kom sy pelle saam. En Wian is darem opgewonde oor een ding: Hy kan uiteindelik na die Viking-museum toe gaan. Hy is MAL oor die Vikings!

Maar watter vreemde ding gebeur dat hy skielik die Vikings in lewende lywe ONTMOET?!

Hoe ontsnap hy toe 'n Viking-vegter hom met sy swaard wil deurboor?
En hoe gaan hy ooit kan terugkom uit Parys van 'n 1 000 jaar gelede na VANDAG?

Lees saam aan hierdie wegholrit van 'n avontuur!
Viskos!
190,00 190,00 190.0 ZAR
Wat sal jy doen as 'n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel?

Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar iets is nie reg nie... Kort voor lank begin Flaffie vreemde goed doen - soos om Dennis se huiswerk op te eet! Daar wag 'n GROOT skok op die hele skool...
Jakkals en Wolf 2
220,00 220,00 220.0 ZAR
Ben en die groot wedstryd
180,00 180,00 180.0 ZAR
Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so 'n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd druk Ben 'n uitstekende drie... maar onder die verkeerde pale! Ben voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in die Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie.