Lugbraaier - Herman se 100 beste resepte
350.00 350.00 350.0 ZAR
Is jy op soek na geurige geregte wat vinnig en maklik is om aanmekaar te slaan? Verken dan die wonderwêreld van die lugbraaier saam met die sjef en kosskrywer Herman Lensing en ontdek waarom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriendin is.

Vir "Lugbraaier" het Herman 100 van sy heel gewildste lugbraaierresepte gekies. Sy heerlike ontbyte, aanloklike bykosse, geurige hoofgeregte, uithaler-gebak en verruklike nageregte sal jou mond laat water.

Met sy kenmerkende kreatiewe flair en kookvernuf, wys Herman jou waarom hy die lugbraaier se lof wyd en syd besing. Of jy nou 'n beginner of 'n ou hand met lugbraaiers is, dié boek is vir jou.
Willie Strauss se Sinkhuis Resepte
380.00 380.00 380.0 ZAR
"Sinkhuisresepte" is Willie Strauss se tweede resepteboek en volg op "Daar is 'n engel in my koskas". In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak hy vinnige en pretensielose kos wat hy vir gaste as 'n visuele en kreatiewe fees voorsit.

Willie se stories gaan jou breed laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met die bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros deegkors. Dis meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy reeds in jou koskas het, bevat ook interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella en selfs peuselhappies vir jou dierekinders. "Sinkhuisresepe" nooi jou om saam met WIllie in sy sinkhuis te kuier.
Onthoukos
360.00 360.00 360.0 ZAR
Vir Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare 'n droom om sy eie kookboek te hê. Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme "Tiaan onthou", "Tiaan kook" en "Tiaan proe" op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het.
Lekker & Goed
200.00 200.00 200.0 ZAR
Carmen Niehaus het reeds meer as twintig kookboeke uitgegee en "LEKKER & GOED: Heerlike kos propvol heilsaamheid" is haar jongste.

Dis 'n lekker-eet-boek met ou bekendes en nuwelinge wat gesonder gemaak is sodaat jy steeds heerlike kan eet sonder om skuldig te voel. "LEKKER & GOED" sluit ook 'n paar laekoolhidraat-, glutenvrye en vegetariese resepte in wat heelwat vars en onverwerkte produkte bevat.

Carmen strewe na 'n gesonde lewenswyse, en haar kookfilosofie en grootste uitdaging is om alledaagse kos gesonder te maak sonder om smaak og geur in te boet. Eerder as 'n dieetboek of gesondheidshandleiding gaan dit meer oor 'n Mediterreense eetstyl met insiggewende gesondheidsinligting, goedgekeur deur 'n dieetkundige en nuwe, breedvoerig toegeligte maniere van kook.

Bederf jou gaste met haar vernuwende en inspirerende resepte sonder om ure in die kombuis deur te bring.