Eendag in 'n Woeste Woud
160.00 160.00 160.0 ZAR
Klein Groenkappie is genooi na 'n partytjie, ver weg in die donker, woeste woud. Op pad ontmoet sy die Ondier met 'n gebroke hart, drie omgekrapte bere, 'n moedelose prins... om maar 'n paar te noem. Maar sal sy met al dié sprokieslandprobleme ooit daar uitkom? En boonop betyds wees vir die spesiale verassingsgas?
Agent Snoet 5-in-1
290.00 290.00 290.0 ZAR
Sy naam is Snoet. Agent James Snoet.

En hy is 'n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlike meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is Felino, sy slim Siamese kat. Felino het nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor, maar hy skrik vir net mooi niks. Saam beleef hulle allerlei avonture wat jou heerlik naels sal laat kou!

Vyf fantastiese strokiesprente in een boek...
Wat is die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant?
Wie is die meesterbrein agter 'n gevaarlike katte-rebellie?
Waarom is 'n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe in gevaar?
Wat is die Groen Genugtig?
En wat gebeur as 'n gevaarlike wapen, die Windlawaai, in die verkeerde hande beland?
1000 Nuttige Woorde
220.00 220.00 220.0 ZAR
Bevorder jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede met hierdie prettige en kleurvolle woordeboek.

Hierdie nuttige boek is propvol sefstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde. Daar is 'n klomp dinge om op elke baldsy te sien en allerlei opwindende onderwerpe: van 'Wilde diere', 'Wat mense doen' en 'Storietyd' tot 'Op die plaas' en 'Kleure, vorms en getalle'.

Vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.

• Geskep in samewerking met 'n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman
• Vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer
• Heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig
• Duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede
Moet nooit vir 'n T-Rex 'n boek wys nie
175.00 175.00 175.0 ZAR
Moet nooit vir 'n T-Rex 'n boek wys nie!
Verbeel jou wat sal gebeur as jy dit doen...

'n Skaterlagstorie propvol verbeeldingskrag, holderstebolder pret, en 'n viering van die wonder van boeke.
Suidooster-Draak
135.00 135.00 135.0 ZAR
Storm! Storm!
Reën ploeps teen die venster, wind pluk-pluk aan die deur.
"Kom ons gaan jag Suidoosterdrake," sê Oupa.
"Pasop, drake, hier kom ons!"

Oupa en kleinkind beleef 'n wilde en wonderlike avontuur wanneer hulle strand toe gaan tydens 'n storm.
Daar vind hulle draakvoetspore, draakjuwele en selfs 'n draakbaba, maar wat sal gebeur as hulle die RÊRIGE Suidoosterdraak vind?

'n Vreugdevolle viering van spel en verbeelding, ideaal om te deel en om hardop te lees!
Tirannosourus Sot
190.00 190.00 190.0 ZAR
In die oertyd in 'n oerwoud waar dit wemel van die gras was daar platbek-dinosourusse wat swem in die moeras.
Hul roep: "Hoera vir water en vir riete en vir gras. Hoera vir waterblommetjies, want dis lekker om te plas!"

Wie het al ooit gehoor van 'n vegetariese tirannosourus? Hierdie klein dinosourus land in die verkeerde nes... Hy mag dalk klein wees, nie mooi weet waar hy hoort nie en net plante eet, maar Tirannosourus Sot is slim!
My Eerste Boek oor Syfers
70.00 70.00 70.0 ZAR
My Eerste Boek oor Letters
70.00 70.00 70.0 ZAR
Jakkals en Wolf
220.00 220.00 220.0 ZAR
In die Nimmer-Immer-Bos
395.00 395.00 395.0 ZAR
Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos, waar 'n wêreld van stories wag!

Hier is sestig tydlose verhale, byeengesoek en oorvertel deur Lina Rode, sprokiesliefhebber en skepper van immergroen bundels soos "Goue lint, my storie begint" en "Stories vir die vaak". Hierdie versameling beloof om lesers jonk en oud opnuut te betower. Kort brokkies kommentaar aan die einde van elke storie dui die lande van oorsprong aan en plaas die verhale uit Afrika, Europa, die Ooste en ander wêrelddele in konteks met mekaar. Fiona Moodie (veral bekend vir "Fynbosfeetjies" en "Vetplantfeetjies", saam met Antjie Krog) se illustrasies is handgeverfde droënaaldetse en maak van die boek 'n kunsskat om te waardeer en te bewaar.
Die Koning se Paddaboutjies
290.00 290.00 290.0 ZAR
Eendag was daar...

...'n prinses wat 'n bruidegom uit sewehonderd prinse moet kies, maar nie een enkele prins het haar vlinders op haar maag laat kry nie.
...'n vismotvissertjie wat 'n baie spesiale vis in sy net gevang en dit nie teruggegooi het nie.
...'n aantreklike prins wat baie graag buitentoe wou gaan, maar sy oorbeskermende ouers wou dit nie toelaat nie.
...'n gees in 'n bottel wat baie ver van sy huis was en vreeslik terugverlang het.
...'n dapper riddermeisie wat besluit het om die aantreklike prins uit sy oorbeskermende ouers se kasteel te red.
...en daar was ook 'n koning was vreeslik graag paddaboutjies geëet het. Totdat hy op 'n dag self in 'n padda verander het.

"Die koning se paddaboutjies" is 'n versameling van vyftien snaakse en roerende moderne sprokies.
Saartjie die Spinnekop met Sewe Bene
160.00 160.00 160.0 ZAR
Saartjie lyk glad nie soos 'n gewone spinnekop nie, sy lyk meer soos 'n krap! As sy haar voorpote optrek, sal jy sowaar dink dis 'n klein krappie wat op die blom sit. Maar, Saartjie is 'n spinnekop, want het jy al ooit 'n krap op 'n blom sien sit? Daar is nog iets anders wat Saartjie anders as ander spinnekoppe maak: Sy het net sewe bene.
Hoe het dit dan gebeur?

In hierdie voorleesboek vir kleintjies en kleuters word op 'n prettige manier verduidelik waarom insekgif die verskriklikste ding op aarde is. En dat kinders met 'n kennis en liefde vir die natuur, sommer baie slimmer as grootmense is.
Die Bok wat sy Spring Verloor het
170.00 170.00 170.0 ZAR
Wat is 'n springbok sonder sy spring? Net 'n... bok?

Toe arme Springbokkie sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit terug te kry... met skreeusnaakse gevolge!
Prinses Anna, of Hoe mens 'n held vind
70.00 70.00 70.0 ZAR
Anna is vies. Sy het net die helfte van die koninkryk by haar pa, die koning, gekry. Die ander helfte kry die held - soos dit met egte prinsesse gebeur. Maar om 'n egte held te vind, is vir Anna glad nie so maklik nie. En kan ertjies en paddas haar regtig met die soektog help?
Ben gaan skool toe
170.00 170.00 170.0 ZAR
Ben wil nie skool toe gaan nie. Hy het nie maatjies nie en niks is lekker nie.
Maar dan lees sy mamma vir hom uit die Kinderbybel day hy spesiaal is, en Jesus is lief vir hom!
Ben besluit om dit nog een kans te gee...
Ben en die groot toets
170.00 170.00 170.0 ZAR
Ben moet sy heel eerste toets skryf en hy is baie bang. Hy raak so deurmekaar met al die letters en klanke en voel sommer naar.
Mamma herinner Ben daaraan dat Jesus altyd by hom is en hom sal help... Maar gaan Ben dit onthou wanneer hy moet toets skryf?
Wie het Tannie Frieda opgevreet?
70.00 70.00 70.0 ZAR
Die Eier
160.00 160.00 160.0 ZAR
Kort nadat Gideon 'n baie groot eier onder sy ma se lieflingshoenderhen ontdek, begin hy vir 'n babadrakie sorg. Gideon neem sy ouerlike pligte baie ernstig op. Hy gee les in 'Hoe om 'n meisie bang te maak' en 'Hoe om 'n ridder op te foeter'. Maar die draak verlang na sy eie soort, en een dag verdwyn hy...

'n Fantastiese verhaal vol avontuur en ontdekkings, met pragtige verbeeldingryke illustrasies.
Die Ridder Buik-op-den-Bodem
150.00 150.00 150.0 ZAR
Die groot dag van die genadelose veldslag het aangebreek! Maar voordat die ridder Buik-op-den-Bodem kan vertrek, moet hierdie slak blitsvinnig 'n paar dinge afhandel. Hy moet ontbyt eet, sy Facebook-blad bywerk, sy vrou en kinders vaarwel soen, 'n prinses red, 'n potjie skaak met 'n ou vriend speel...

Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot môre kan wag.
Die Goorgomgaai
150.00 150.00 150.0 ZAR
'n Muis gaan stap deur die donker bos.
'n Vos sien die muis en hy dink aan kos.

Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy 'n vos, 'n uil én 'n honger goorgomgaai raakloop...