Kampioene: Caster Semenya
120.00 120.00 120.0 ZAR
<"En in baan drie, vir Suid-Afrika, is Caster Semenya!" sê die aankondiger. Die skare juig. Caster lig haar arms waarderend vir haar aanhangers. Dan draai sy om en staar na die baan. "Op julle merke!" Caster sit haar toon teen die lyn en kyk op. "Gereed!" Sy hurk effens, gereed vir ontploffende aksie...>

Caster Semenya is 'n wêreldklas-kampioen wat baie medaljes gewen het, insluitende goud op die Olimpiese Spele. Maar haar grootste uitdagings was dikwels nie op die atletiekbaan nie. Sy moes boelies en vooroordeel te bowe kom. Hierdie is die ongelooflike reis van 'n dapper jong Suid-Afrikaner wat ondanks talle struikelblokke bo uitgekom het.

"Caster Semenya" is deel van die KAMPIOENE-reeks, wat van Suid-Afrika se grootste sportlegendes volg op hul reis om nasionale en internasionale sterre te word.
Mulan, and other tales of heroes
170.00 170.00 170.0 ZAR
These four stories are very old, and many of them are about special people or animals. Is your favourite hero in this book?

Penguin Readers is a series of popular classics, exciting contemporary fiction and thought-provoking non-fiction, written for learners of English as a foreign language. The series is aligned to the Common European Framework of Reference for Language and includes language activities that help develop key skills.
Max die Masjien
160.00 160.00 160.0 ZAR
Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek krimp
115.00 115.00 115.0 ZAR
Jannus en Kriek Knoets is verstom oor Oupa se nuutste uitvinding: die Supermega-Vergroter, 'n laserstraal wat 'n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat 'n mens 'n hele brood daarvan kan bak. Maar per ongeluk tref die Vergroterstraal vir Jannus en sy oupa en hulle begin krimp en krimp, toot hulle skaars groter as twee spinkane is!

Vir twee piepklein mensies is Huis Deurmekruis se oorgroeide tuin 'n oerwoud waar gevaar oral skuil. Sal Kriek 'n plan kan maak om die twee veilig huis toe te bring?
Eerste Liefde Omnibus 1
195.00 195.00 195.0 ZAR
Drama, humor... en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Lees drie van die gewildste stories in die "Eerste liefde"-reeks in hierdie lekker omnibus.

In "Rugbyballe en bikini's" besluit Anelle dat niks haar vakansie op Duinebaai gaan bederf nie. Hunks wat rugby speel is in elk geval só vorige eeu. Maar wat is dit met Martin Nel dat hy haar so anders laat voel? En dan natuurlik wéér Jenni wat alles kom omkrap. Dis tyd vir wraak, besluit Anelle. Maar wraak smaak tog nie so soet soos Smarties nie.

In "Daar's 'n ou in my aarbei-smoothie" is Yolandé se liefdeslewe 'n ramp. Tot 'n geheime bewonderaar allerhande boodskappe en geskenke in haar tas begin wegsteek... Wie is dit? Wil sy hom ooit hê? Sê nou dis die aantreklike donkerkop, die nuwe ou in graad elf op wie al die meisies verlief is?

In "My hart klop muffins" wil Kat graag van haar vervelige lewe ontsnap. Maar alles bly saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marlé Groenewald. Tot hý op die toneel verskyn: die sexy ou met die ontwerperstoppels en die romantiese Franse naam wat haar hart muffins laat klop. Maar wat is Pierre se donker geheim?
Die Goorste Week Ooit!: Woensdag
200.00 200.00 200.0 ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?

Justin Chase het, en dis hoekom:
Hy het Maandag en Dinsdag skaars oorleef, en nou is dit... Woensdag!

Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk 'n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy's vasgekeer in 'n hart-gaan-staan, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS-penarie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!
Die Goorste Week Ooit!: Dinsdag
190.00 190.00 190.0 ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?

Justin Chase het, en dis hoekom:
Hy het Maandag skaars oorleef, en nou is dit... Dinsdag!

Sy kat is steeds weg en is waarskynlik deur aliens ontvoer. Hy skaam hom meer as ooit vir sy pa. Hy het onverwags op die ergste manier moontlik 'n internetsensasie geword. Boonop val fotodag by sy nuwe skool saam met die Wetenskap-skouspel en dit ontaard in 'n bibberboud-en-tandeklapramp van epiese proporsies!
Die Goorste Week Ooit!: Maandag
199.00 199.00 199.0 ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?

Justin Chase het, en dis hoekom:
Sy ma het so pas met 'n vampier getrou. Sy pa ry in 'n reusetoilet op wiele rond. Sy kat is waarskynlik deur aliens ontvoer. 'n Psigopatiese boelie maak sy eerste dag in 'n nuwe skool 'n nagmerrie. En op die oomblik hang hy voor sy hele klas aan die punt van 'n duiktoring wat tien meter hoog is en al wat hy aanhet, is 'n gehekelde swembroek wat nou vinnig verdwyn.

En dis nog maar net... Maandag!
Vind uit!: Wetenskap
180.00 180.00 180.0 ZAR
Wou jy al ooit weet wat weerlig is?
Of wie ontdek het waarom voorwerpe grond toe val?
Nou kan jy uitvind!

Dié boek is propvol verrassende wetenskaplike feite en ongelooflike prente. Dis 'n klein boek vol groot idees.
Die Boekwinkel tussen die Wolke
220.00 220.00 220.0 ZAR
Welkom by Kop in die Wolke.

Ella se gunstelingplek op aarde. 'n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur.
Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en, om nou doodeerlik te wees, 'n klein bierjie na sweterige sokkies). Tussen die rakke was 'n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander... as sy dapper genoeg is.
Kodenaam Piesangs.
295.00 295.00 295.0 ZAR
1940. Brittanje voer oorlog teen Nazi-Duitsland.

Die elfjarige Eric bring die meeste van sy dae deur in die plek wat hom die gelukkigste maak: die Londense dieretuin. En daar is een dier wat hy ontsaglik liefhet: Gertrude die gorilla. Terwyl daar oral in Londen bomme val, moet Eric vir Gertrude red. Saam met sy oom Sid, 'n opsigter by die dieretuin, vlug Eric en Gertrude. Maar terwyl hulle in 'n seedorpie wegkruip, vlek hulle 'n hooge geheime Nazi-komplot oop...

"Kodenaam Piesangs: is 'n gilsnaakse en aksiebelaaide avontuur vir die hele gesin.
Op die Maat van Maya
220.00 220.00 220.0 ZAR
Maya is oortuig van drie dinge:
1. Sy wil ná skool medies gaan studeer.
2. Sy is die sanger Eduan de Bosch se grootste ondersteuner.
3. Dinge tussen haar en Mark is vir goed verby.

Dan ontmoet sy een aand vir Joe, en besef daar is nog iemand wat al Eduan se liedjies woord vir woord ken. Maya kom nou net uit 'n rampspoedige verhouding met Mark en sy is nie gereed vir iets nuuts nie - niemand gaan in elk geval verby haar oorbeskermende ma kom nie.

Maar voorday Maya kan keer, sing sy saam met Joe in sy band en weet sy nie meer of 'n dokter al is wat sy wil word nie. Sy begin vir Joe val, maar Mark maak skielik weer sy verskyning. Die grootste ontnugtering van alles: Sy ontmoet vir Eduan, maar vind iets uit wat haar hele lewe uitmekaar laat val.
Kies-jou-avontuur: Die Gevaarlikste Boek op Aarde
170.00 170.00 170.0 ZAR
Kies versigtig... Hierdie avontuur kan gevaarlik wees!

Gretha maak 'n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die kininkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met 'n iesegrimmige kabouter moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe...

Wees Gewaarsku:
Hierdie boek is ANDERS as enige ander boek.
Daar is meer as 30 verskillende eindes vir die storie - en JY is die een wat moet kies!

Is jy dapper genoeg om hierdie avontuur te begin? Is jy slim genoeg om die regte keuses te maak en vir Gretha en Hannes te help om uit die gevaarlikste boek op aarde te ontsnap?
Charlie en die Groot Glashyser
240.00 240.00 240.0 ZAR
Meneer Wonka is miskien 'n genie wanneer dit by sjokolade kom, maar Charlie en sy mense vertrou glad nie sy vliegvermoëns nie.

Veral aangesien die ding waarmee hy rondvlieg 'n glashyser is en dit buite beheer in die stratosfeer rondzoem...
'n Grootword-gids vir Meisies
150.00 150.00 150.0 ZAR
Grootword is pret, maar soms kan dit oorweldigend voel. Die beste manier om voor te berei daarop is om uit te vind hoe jou lyf en jou gevoelens gaan verander. Hierdie boek verduidlik op 'n eenvoudige manier wat gaan gebeur, en gee raad oor hoe jy na jou lyf kan omsien deur gesond te eet, oefening te doen en skoon te bly. Dit sal jou met selfvertroue laat uitsien na die opwindende tyd wat voorlê.
'n Grootword-gids vir Seuns
150.00 150.00 150.0 ZAR
Grootword is pret, maar soms kan dit oorweldigend voel. Die beste manier om voor te berei daarop is om uit te vind hoe jou lyf en jou gevoelens gaan verander. Hierdie boek verduidlik op 'n eenvoudige manier wat gaan gebeur, en gee raad oor hoe jy na jou lyf kan omsien deur gesond te eet, oefening te doen en skoon te bly. Dit sal jou met selfvertroue laat uitsien na die opwindende tyd wat voorlê.
Reg in die Middel van Nêrens
170.00 170.00 170.0 ZAR
<Vandre kyk op. "Hel!" skree hy van skrik. Ys trek deur sy are; sy hande klem die tablet vas. Hy koes. "Pasop, Pa!"
Hulle is in die draai. Hy wéét hulle gaan dit nie maak nie.
Die bakkie se agterkant skuif op die los bogrond. Flitse wit kalkgrond, geelwit gras en blou lug tuimel oor mekaar. Tussendeur die afgryslike klank van metaal wat skuur en skree, die gebrul van die dieselenjin en glas wat breek.
Dit voel soos 'n eeu voor die voertuig ophou rol.
Dis binne sekondes verby.>

Op soek na hulp vir sy pa na 'n lelike motorongeluk, verdwaal Vandre heeltemal in die onbekende, dorre Boesmanland. Dis 'n stryd vir oorlewing teen die natuur, teen homself en teen die herinneringe wat hom jaag.
Zoem!: 'n Oerwoud vol dinosourusse
140.00 140.00 140.0 ZAR
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture!

Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en Tjomper die hond se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het 'n spesiale knoppie wat jou na 'n ander plek laat ZOEM!

Alex, Christiaan en Tjomper word teruggeneem na 'n tyd waar daar DINOSOURUSSE is! En arme Tjomper beland in een van die dinosourusse se neste...
Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek
250.00 250.00 250.0 ZAR
Wat kry jy as jy VYF van Jaco Jacobs se stories in een boek bymekaarsit?
"Die GROOT Jaco Jacobs-storieboek", natuurlik! En dit gaan jou tone laat omkrul van lees-lekkerte.

Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy 'n hele week lank nie tande borsel nie?
Sal jy daarvan hou as jou bababoetie superheldkragte het?
Wat sal jy doen as jy ontdek die nuwe meisie in jou klas is 'n meermin?
Is feetjies regtig so oulik en gaaf soos almal dink?
En wat moet jy doen as jou vriende 'n klomp raserige dinosourusse is?

In hierdie boek is vyf skreeusnaakse stories wat jy oor en oor sal wil lees: "Koebaai, Gorilla", "Superboetie", "Borrels", "Pasop vir die feetjies" en "Die probleem met dinosourusse".
Spaghetti tussen jou tone
170.00 170.00 170.0 ZAR
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak!