Jopie's
Stay
Eat
Traditional Meals
Extras
Something Sweet
Art
Explore
Show all activities
iReflect
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Kleinzee
Contact us
My Cart
Sign in
Public Pricelist
Public Pricelist
Prev
14
15
16
17
18
19
20
Next
Sort by
Catalog price: High to Low
Catalog price: Low to High
Name: A to Z
Name: Z to A
Sale
Perfek
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Blonde hare...
Helderbou oë...
'n Skitterwit glimlag...
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan...
Sale
Thomas@skaduwee.net
R
130.00
R
130.00
130.0
ZAR
Thomas se hele wêreld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof en die twee skoolboelies weer Thomas se lewe moeilik.
Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk 'n geheime gesprek - twee mans bespreek planne om 'n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om 'n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop.
Kort voor lank is Thomas vasgevang in 'n duister onderwêreld van smokkelary - en sy lewe is in gevaar...
Sale
Krag
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Sale
Afkop
R
150.00
R
150.00
150.0
ZAR
Alles gaan oukei wees, het Decker gesê.
'n Wilde partytjie.
'n Gesteelde kar.
'n Jaagtog wat in chaos eindig.
'n Sak vold geld.
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
En kan hy regtig sy vriende vertrou?
'n Doller-as-kop-af spanningsverhaal waarin dinge in regte Tarantino-styl skeefloop en die leser behoorlik aan sy sitplek moet vasklou om by the bly met al die naelbyt-aksie.
Sale
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo Omnibus
R
240.00
R
240.00
240.0
ZAR
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met 'n 5-in-1 omnibus en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is.
Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook 'n splinternuwe storie.
Sale
Thomas@murder.net
R
130.00
R
130.00
130.0
ZAR
Thomas is moving to a new house, and he hates the idea with a passion. Even though his stepmother, Louisa, is quite cool, having a new half-brother or -sister is something Thomas is definitely not looking forward to. To make matters worse, the house they are going to live in is an ancient Victorian place.
Before long, all sorts of weird stuff starts happening in their new house. Thomas hears footsteps in front of his bedroom door at night; doors mysteriously start opening and closing by themselves, and his printer starts spitting out one weird message after another. Could their new house be haunted?
Thomas and his friends Hannes, Alex and Thabo decide to try and solve the mystery of the old house - a mystery that could lead them into great danger...
Sale
'n Goeie dag vir boomklim
R
210.00
R
210.00
210.0
ZAR
Partykeer doen 'n mens in 'n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om saam met 'n vreemde meisiekind in 'n boom te klim.
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef.
Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds 'n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne.
En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is.
Maar toe Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet 'n petisie teken, is dit die begin van 'n onverwagse avontuur.
En uiteindelik kry Marnus 'n kans om raakgesien te word...
Sale
Stof van die Richtersveld
R
300.00
R
300.00
300.0
ZAR
Sale
Diere van die Orde
R
395.00
R
395.00
395.0
ZAR
Wat het 'n meerkat en 'n leeu in gemeen? Of 'n luidier en 'n gorilla?
In "Diere van die orde" word orde in die diereryk op eenvoudige wyse en met pragtige illustrasies verduidelik. Hierdie boek is propvol interessante dierefeite, soos die verskil tussen naaldekokers en waterjuffers, en paddas en skurwepaddas. Kyk en lees oor visse, ape, rotte, voëls, vlinders, slange, akkedisse, skilpaaie, paddas en spinnekoppe van regoor die wêreld.
"Diere van die orde" is die ideale inleiding tot taksonomie in die diereryk.
Sale
Anatomicum
R
450.00
R
450.00
450.0
ZAR
Welkom by "Anatomicum".
Hierdie museum is altyd oop en bevat 'n versameling uitstallings wat die werking van die menslike liggaam in die fynste besonderhede verduidelik. Hoe lyk jou liggaam aan die binnekant? Hoe word spiere gebruik om emosies te wys? Hoe groei 'n mens uit 'n enkele sel?
Maak dié boek oop om die wonders van die menslike liggaam in al sy glorie te ontdek.
Sale
Dinosourium
R
450.00
R
450.00
450.0
ZAR
Welkom by "Dinosourium".
Hierdie museum is dag en nag oop.
Dit huisves 'n belangrike versameling Mesosoïese monsters, van die kleine 'Troodon' tot die enorme 'Brachiosourus'. Hoe het die dinosouriërs ontwikkel? Hoekom het sommige vere en ander skubbe gehad?
Kom gerus binne en verken die ryk van dinosouriërs in al sy glorie.
Sale
Branderjaer
R
220.00
R
220.00
220.0
ZAR
<"Bitter! Bitter! Bitter!" Louw gooi sy volle gewig agter sy vuis, ruk dan terug en sien hoe Beast sy neus vashou. Soos gewoonlik sê sy brein en sy lyf "nee". Dis die teenoorgestelde van wat hy wíl doen. Maar in die Kring gaan dit nie oor wil nie. Dit gaan oor wat jy móét doen. Almal in die Kring het skuld - Bloedskuld. En die Branderjaers het 'n moerse prys om te betaal.>
Deidre Anker se lewe is veilig, onder beheer. Sy het egter nie op Louw Swanepoel gebargain nie. Louw is een van dáárdie ouens. Die ou wat homself in stormwaters sal gooi vir 'n gevaarlike brander of teen 'n krans sal afduik vir 'n oomblik van adrenalien. Waaghalsig. Windgat. Alles wat Deidre nie kan verdra nie. Maar hoe meer tyd sy saam met Louw spandeer, hoe meer besef sy hoe verkeerd sy was. Daar is iets aan hulle, die Branderjaers: Vuur, Kannie, Klippies, Stoke en Bitter. Vyf seuns in 'n hegte broederskap gesmee deur gedeekde pyn en skuld. Sý wil die een wees wat al Louw se geheime ontrafel.
Want dis alles of niks. 'n Mens kan nie halfmas lewe nie.
Sale
Hans bars die bioborrel
R
250.00
R
250.00
250.0
ZAR
Huis Madeliefie se inwoners word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans van Kraaienburg besef dit gaan elke faset van hul lewens raak, want teen hierdie virus groei geen kruid nie. Maar die drakoniese reëls wat die tehuis se interne bevelsraad uitvaardig, kry nie vatplek by Hans en kie nie. Om sake te vererger, is Hans oor die hoof gesien as leier van die bevelsraad. Altoon Ahlers, 'n befaamde akteur van weleer en 'n onlangse inkommer met 'n buitengewoon hoë dunk van homself, neem die leisels.
Ná verskeie ontberinge en vernederinge, besluit Hans hy het klaar bek gelek en stert geswaai. Dis tyd om die Groot Akteur se opgepompte spietjies te prik. Vriend Vasie voorspel daar gaan groot sports kom. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang egter sleg. Hy sal Ahlers op 'n ander manier moet onttroon. Maar dit beteken dat Hans die ondenkbare moet doen. Hy sal die bioborrel moet bars...
Sale
Brand
R
240.00
R
240.00
240.0
ZAR
Mense wil altyd dinge verduidelik, 'n verklaring hê om die wêreld en al sy misterie te verstaan. Hulle dink nie dat 'n skoolseun in die middel van die nag 'n boom sal wil brand nie.
Wat gaan hulle sê wanneer hy die dag die ou huis brand?
Arian pas nie in by sy gesin nie. Sy broer en suster is die uitblinkers. En Arian? Hy is die mal een wat die skoolberader moet gaan sien omdat hy vreemde goed in sy huiswerkboek krap. Maar niemand weet van sy ander plan nie...
"Dis maar hoe liefde werk, ou girl. Nie almal wat jy stalk, gaan van jou hou nie."
"Jy is vieslik."
Maddy lag. "Dis net 'n grappie. Maar ernstig, nie elke ou van wie jy hou gaan van jou hou nie, Es. Vir daardie dae is daar hartseer liedjies. Jy kry jou tissues, huil jou hart skoon, probeer vergeet en gaan stalk iemand anders."
Estie se ma is oorlede. Haar pa se aandag is by die nuwe vrou in sy lewe. En Estie? Sy is die verlore siel van die skool wat skelm foto's van Arian neem, hom huis toe volg. En uitvind van sy geheim...
Sale
Wildfire
R
330.00
R
330.00
330.0
ZAR
'There is something I'm missing... something I've forgotten. But what?'
Trapped in a world in which she clearly does not belong, Annabel tries to make the most of her life despite the strange abnormalities. However, that all changes in a single day. Now in a world as dangerous as it is wonderful, she discovers her life intertwined with both questions and dark magic.
Following the inquiry of a mysterious visitor, Annabel and her two best friends embark on a journey to save countless lives before it's too late. Astonishing revelations are made along the way, foreshadowing the massive journey ahead... and then there's still the lingering question.
What happened eight years ago?
Sale
Blou Moord
R
290.00
R
290.00
290.0
ZAR
Tussen die duiwel en die diep blou see...
Ludo Labuschagne breek weg saam met 'n klompie mense - en selde was die syfer 13 al so ongelukkig. Die dood lê besoek af nog vóór die groep hulle bestemming, 'n private eiland, bereik.
Hoe later hoe kwater. Wie wil vir wie dood hê? Om watter rede? Wie gaan in die slag bly: Una, die weduwee en weldoener van die groep, dominee Attie, sy lankmoedige vrou en hulle tieners, die selfingenome akteur Toon, die jong sielkundestudent Suné, die weermagvriend Cor, die Pedrito's wat daar is om die huishouding seepglad te laat loop, of Ludo, sy ma en oom Dippie?
Nêrens kom jy verder weg van alles as op 'n eiland nie. En nêrens is jy so blootgestel wanneer daar moord in die lug is nie...
"Blou moord" is nommer 3 in François Bloemhof se wiedoenit-speurreeks. Die vorige titels is "Die duiwel maak my hart so seer" (2021) en "Kry vir jou" (2022).
Sale
Kry vir jou
R
290.00
R
290.00
290.0
ZAR
Terug na 1981.
Februarie, warmste maand in die Kaap.
Op 'n wynplaas buite Stellenbosch woed 'n vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle (of wie anders) is dit wat die vlamme so aanblaas?
Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie onverskrokke) held, is net die man om dié tergende raaisel op te los en geregtigheid te laat seëvier.
Prikkelende karakters. Verassende situasies. Gevaar. Humor. Moord...
Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit? Of is die eise van sy tweede saak te straf?
Sale
Vuurvreter
R
235.00
R
235.00
235.0
ZAR
<"Dis alles Bloedskuld, Malherbe. Dis die kruks, is dit nie?" sug Charlie en tuur uit oor die water. "Jy gee hulle net soveel as wat jy wil."
"Dis skuld." Sy stem wankel. "Jy moet betaal tot jy klaar is... Jy kan nie terughou nie. Dis nie hoe dit werk nie."
"Wat as dit kon?" vra sy, met daardie amper-glimlag. "Niks meer as wat jy wil nie. As hulle dink hulle kan meer uit jou kry... is jy 'n goner."
"Charlie?" fluister hy, maar die wind ruk dit weg. Dit gebeur in 'n oogwink. Een oomblik is Charlie daar, teruggetrekte skouers, hare in 'n stralekrans. Die volgende oomblik is sy weg.>
Malherbe "Vuur" Albertyn beplan om die somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy Branderjaer-broers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Maar dit beteken sy moet Vuur se vertroue wen - die één ou wat haar nie kan verdra nie. En dan is daar Jak, en alles wat ongesê bly tussen hulle... Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in 'n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Charlie se verdwyning? Vir beide van hulle wag daar 'n besluit: waag of waarheid...
Maar daar is nie altyd 'n keuse nie.
Sale
Die Troebadoer
R
295.00
R
295.00
295.0
ZAR
Sale
Blinde Sambok
R
175.00
R
175.00
175.0
ZAR
Niemand het gedink ek sal hoor nie, maar ek hét.
Moenie dink omdat jy maar net tien minute gelede gebore is, omdat jy rooi en opgeskroef en lelik is, dat jy ook dom is, of nie kan hoor wat gepraat word nie. Jy kán.
"Hierdie hopie sprinkaanbene... Is dit 'n kind? Is dit mýne?"
Ek het my pa gehoor, en dit het die kwaad in my losgemaak, tóé al. En toe hoor ek ook die ander ding, die wat suster Van Schalkwyk vir my gesê het. Dit wat sy wat gesê het, het ek ook met my saamgevat. En dit het die wen in my losgemaak, tóé al. Want ek, die meisiekind wat my pa nie wou hê nie, moes baklei teen die vloek van die Gideon de la Reys...
Riana Scheepers, bekroonde skrywer van onder meer "Dulle Griet", "Die heidendogters jubel" en die gewilde "Katriena"-boeke, neem die leser na 'n jeugwêreld op 'n plaas waar saans na oustories om 'n misvuur geluister word. Maar altyd is daar in die jong Gideonette de la Rey se lewe die bedreiging van die blinde sambok, die bliksemstraal wat in 'n oomblik alles kan verander.
Prev
14
15
16
17
18
19
20
Next