Klein Beertjie leer van Paasfees
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Kan jy raai wat hy geleer het van Paasfees?

"Klein Beertjie leer van Paasfees" is die ideale wegspringplek om jou 3- tot 6-jarige van die ware betekenis van Paasfees te vertel.
Klein Beertjie leer oor liefde
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. In hierdie storie leer hy van 'n babaseuntjie wie se mamma so lief was vir hom dat sy hom in 'n mandjie weggesteek het om hom veilig te hou.

"Klein beertjie leer oor liefde" is die ideale wegspringplek om 3- tot 6-jariges te help dink aan maniere om vir iemand te wys hulle is lief vir hulle.
Klein Beertjie leer om te deel
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. In hierdie storie sukkel Klein Beertjie om mededeelsaam te wees - totdat Pappa Beer hom vertel van 'n seuntjie wat alles gedeel het wat hy gehad het.

"Klein Beertjie leer om te deel" is die ideale wegspringplek om 3- ot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel.
Klein Beertjie ontdek God se skepping
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Kom ontdek saam met hom hoe God alles in die skepping gemaak het.

"Klein Beertjie ontdek God se skepping" is die ideale manier om 'n waardering te skep by 3- tot 6-jariges vir alles wat God gemaak het.
My groot dankie-sê-boek
90.00 90.00 90.0 ZAR
Bybel-Speurder
100.00 100.00 100.0 ZAR
Het jy die neus van 'n speurhond?
Bekyk jy die wêreld met 'n valkoog?

Hierdie boek is 'n skatkis van pragtig gedetailleerde illustrasies uit die wêreld van die Bybel. Jy sal jou ure lank kan vermaak deur te soek na mense en voorwerpe uit antieke tye, asook allerlei diere.

Terwyl jy die raaisels van al die versteekte voorwerpe oplos, sal jy ook 'n ware kenner word van die boeiende geskiedenis agter die bekende Bybelverhale.
'n Bangmaak-storie - Die verhaal van Daniël in die leeukuil
49.00 49.00 49.0 ZAR
"'n Bangmaak-storie" is die bekende Bybelstorie van Daniël in die leekuil in prettige rym vir kinders tussen 5 en 8 jaar. Dit leer kinders om altyd op te staan vir Jesus en God te volg, maak nie saak wat nie.
50 Beste Bybelbrein-Blokkies
120.00 120.00 120.0 ZAR
50 blokkiesraaisels, woordsoeke en ander Bybelwoordspeletjies. Hierdie aktiwiteite sal vir ure se pret sorg.

Help kinders om hul taalvermoëns te verbeter en terselfdertyd hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.
Jy is Spesiaal/ Jy is Myne/ Die heel Beste
170.00 170.00 170.0 ZAR
Pinkenolsie is 'n oulike klein houtmensie wat in Wemmeldorp bly. Partykeer is hy hartseer omdat hy nie soos die ander Wemmels lyk nie, of nie kan doen wat hulle kan doen nie. Soms is hulle lelik met hom omdat hy nie van die regte soort hout gemaak is nie.

Ons almal weet hoe dit voel, want daar woon 'n Pinkenolsie in die meest van ons. Ons herken die behoefte aan ander se goedkeuring, die smagting om soos die res van die massa te wees, die behoefte om te wys van watter stoffasie ons gemaak is. En net soos Pinkenolsie bereken ons nie die koste voordat dit te veel word om te betaal nie.

Ons is egter ool op 'n ander vlak net soos Pinkenolsie. Net soos hy het ons 'n Skepper vir wie ons spesiaal is, en wat vir ons lief is net soos ons is.

Max Lucado dra op 'n unieke wyse hierdie waarheid aan ons oor in hierdie bundel. Sy stories blaas nuwe lewe in eeue oue waarhede. En die pragtige verhale en aangrypende illustrasies gryp nie net kinders se verbeelding aan nie, maar spreek ook op 'n dieper vlak tot volwassenes.

In hierdie bundel is drie van die mooiste stories oor Pinkenolsie:
•Kom ontmoet hierdie oulike Wemmel in "Jy is spesiaal", en ontdek self hoe kosbaar jy vir God is.
•Leer saam met Pinkenolsie in "Jy is myne" dat die nie belangrik is wat jy het nie, maar wel aan Wie jy behoort.
•Kuier in "Die heel beste" in Wemmeldorp, en sien hoe Pinkenolsie die Wemmels wys hoe spesiaal hy regtig is, net soos die Skepper hom gemaak het.
Dinosaurs of Africa
170.00 170.00 170.0 ZAR
Did you know that the world's earliest dinosaur was discovered in Africa? Or that Africa was home to the only water-dwelling dinosaur ever known?

Many incredible dinosaurs have been uncovered in different parts of the world, including Africa. "Dinosaurs of Africa" unearths intricate details about the discoveries here, revealing startling facts about these majestic creatures that roamed our planet for about 170 million years.

Acclaimed dinosaur expert Anusuya Chinsamy-Turan uses her scientific skills to showcase a selection of Africa's most exceptional prehistoric creatures. The magnificent illustrations by renowned paleoartist Luis V. Rey bring Africa's dinosaurs and their kin vividly to life, making them stride across the landscape and into your imagination.

This new edition of the much-loved "Famous Dinosaurs of Africa" - enhanced with the latest scientific information, newly discovered species, updated terminology and vibrant, fresh illustrations - revitalizes our idea of what these magnificent animals may have been like.
Kinders se Voëls van Suider-Afrika
170.00 170.00 170.0 ZAR
Ontmoet die fantastiese verskeidenheid voëls wat in Suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweelmooi suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag - hoe hulle kos soek, 'n maat kies, 'n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy.
Kids' Birds of Southern Africa
170.00 170.00 170.0 ZAR
Meet the wonderful variety of birds found in southern Africa: long-legged, speedy falcons, jewel-like sunbirds, plucky hornbills and many more. Learn to identify different birds, and discover their intriguing behaviours - how they find food, choose a mate, build a nest, raise their young and avoid predators.
My eie Doop-Bybeltjie
160.00 160.00 160.0 ZAR
Hierdie kosbare boek bied klassieke Bybelstories en gebede met besonderhede en mylpale van 'n kind se eerste jaar. Dit sal gekoester word as spesiale aandenking en ook as die kleinding se eerste Bybel.
My Eerste Beloftebybel
180.00 180.00 180.0 ZAR
Leer ken God se beloftes en ontdek sy grootste geskenk!

God se beloftes is kosbare geskenke wat kinders help om God te leer ken, en 'n lewenslange verhouding met Hom te vorm.

"My Eerste Beloftebybel" fokus op vyf van God se kernbeloftes. Om hierdie kernbeloftes toeganklik vir die kind te maak, word elkeen as 'n pragtige geskenk geïllustreer. Aan die hand van die beloftes kan die klein kind God se liefde leer ken en ervaar.

Elkeen van die 32 stories en gebede uit die Ou en Nuwe Testament is spesiaal gekies om een van die kernbeloftes te beklemtoon. Die infografiek, kleurvolle illustrasies en boeiende stories bemagtig ouers en versorgers om met die klein kind oor God se beloftes te gesels.

"My Eerste Beloftebybel" nooi families uit om die kernbeloftes oop te maak en God se grootste geskenk te ontdek - die vreugde en liefde van God in oorvloed!
My Lulla-Bybel vir meisies
280.00 280.00 280.0 ZAR
Die 24 pragtige gediggies in "My Lulla-Bybel vir meisies" is ideaal vir ouer en kind vir daardie koester-oomblikke voor slaaptyd. Die pragtige volkleurkunswerk sal klein ogies bekoor terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus. Elke gediggie het 'n gebed en 'n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.
My Lulla-Bybel vir seuns
280.00 280.00 280.0 ZAR
Die 24 pragtige gediggies in "My Lulla-Bybel vir seuns" is ideaal vir ouer en kind vir daardie koester-oomblikke voor slaaptyd. Die pragtige volkleurkunswerk sal klein ogies bekoor terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus. Elke gediggie het 'n gebed en 'n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.